<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Siekte | Simptome | Infeksie agent |
VIGS |
|
HI-virus |
GONOR-REE |
|
Bakteriese infeksie |
SIFILIS |
|
Bakteriese infekie |
1. Watter van bostaande siektes kan suksesvol behandel word? Hoe?
2. Wat is die verskil tussen HIV-positief en VIGS?
3. Hoe kan 'n persoon wat HIV-positief is sy lewensverwagting verleng?
4. Wat is NEVIRAPIEN en waarvoor word dit gebruik?
Assessering: Vrae oor GESLAGSIEKTES
Kon jy die vrae suksesvol beantwoord?
[LU 2.3]
Aangesien paartjies deesdae verskeie redes het waarom hulle nie baie kinders wil hê nie, of dalk glad nie, is die voorkoming van swangerskap vir hulle baie belangrik.
Gesinsbeplanning is die konsep waar paartjies hul swangerskappe beplan – gewoonlik om die finansiële sekuriteit van hul kinders te verseker.
Meeste mense wil egter net swangerskap verhoed en pas dieselfde VOORBEHOEDINGSMETODES toe.
METODE | STATISTIES die getal SWANGERSKAPPE (uit elke honderd gebruikers) |
KONDOOM : rubberskede wat om penis geplaas word | 4 |
DIAFRAGMA : rubber skerm wat net voor omgang in vroulike sisteem geplaas word | 3 |
IUD :(‘intra-uterine device’)Word deur dokter in uterus geplaas – bly maande daar | 3 |
VOORBEHOEDPILLE "Die Pil" | 0-2afhangend van gebruiksfoute |
STERILISASIE :Buise word afgebind en geknip | Feitlik 0 |
Klasaktiwiteit: BESPREKING van VOORBEHOEDING
1. Hoekom is gesinsbeplanning belangrik? Noem drie redes.
2. Hoekom is die ritmiese metode nie baie betroubaar as voorbehoedingsmetode nie?
3. Hoekom is onthouding as voorbehoedingsmetode besig om in gewildheid toe te neem?
4. Hoekom kan nie een van die kunsmatige metodes as 100% "veilig" beskou word nie?
5. Wat is:
a) 'n VASEKTOMIE
b) 'n HISTEREKTOMIE
c) SPERMDODERROOM
5. Gestel jy trou binnekort – hoeveel kinders sal jy wil hê en hoekom sê jy so?
6. Wat is jou siening oor ABORSIE? Onthou, elkeen is geregtig op sy opinie!
Assessering: KLASBESPREKING
Sien jy die verband tussen wetenskap en die sosiale gemeenskap waarin die mens bly?
[LU 3.1]
LU 2
Konstruksie van Wetenskapkennis
Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.
Dit is bewys as die leerder:
2.1 betekenisvolle inligting kan onthou;
2.2 inligting kan kategoriseer;
2.3 inligting kan interpreteer;
2.4 kennis kan toepas.
LU 3
Wetenskap, die Gemeenskap en die Omgewing
Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon.
Dit is bewys as die leerder:
3.1 wetenskap as ‘n menslike aktiwiteit verstaan;
3.2 die volhoubare gebruik van die aarde se hulpbronne verstaan.
VRAE OOR GESLAGSIEKTES:
1. Bakteriese infeksies kan met antibiotika behandel word
2. HIV + beteken persoon het virusinfeksie; VIGS is volle ontwikkelde siekte
3. Gesonde lewenstyl, oefening, baie vars groente en vrugte, medikasie wat virusontwikkeling onderdruk
4. Verhoed moeder na kind oordrag van virus tydens en na geboorte
KLASAKTIWITEIT: BESPREKING van VOORBEHOEDING
1. lewenskwaliteit, finansiele sekuriteit, lewensonkoste, opvoeding
2. siklusse kan wissel – nie betroubaar
3. enigste een met werklike waarborge; terugkeer na strenger morele waardes agv vrese oor HIV en ander faktore
4. almal feilbaar agv menslike faktor
5. a) afknip van spermbuise by man – sterilisasie
b) verwydering van uterus by vrou – sterilisasie
c) medisinale room wat gewoonlik saam met ander voorbehoedingsprodukte gebruik word
6 en 7 - eie opinie
Notification Switch
Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 9' conversation and receive update notifications?