<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Om gesond en vol energie te wees, het alle plante en diere voedsel nodig. Plante het ‘n unieke eienskap, en dit is om hul eie voedsel te vervaardig. Hulle doen dit deur sonlig, koolstofdioksied uit die lug, asook water en minerale uit die grond te gebruik.
Alle lewende wesens het voedsel nodig wat deur groen plante gemaak word. Die dele van ‘n voedselketting is soos die skakels in ‘n ketting: as een skakel weg is, is die ketting nutteloos, totdat dit weer reggemaak word. Elke deel van die voedselketting is belangrik vir die voortbestaan van die ekosisteem.
Opdrag:
Die volgende voedselkettings is verkeerd. Maak hulle reg:
mielies, son, boer, eier, hen
Koei, seun, son, gras, melk
Leeu, bok, gras, son
Roofvoël, son, muis, koring
MAAK NOU JOU EIE VOEDSELKETTING.
LEERUITKOMS 1: WETENSKAPLIKE ONDERSOEK Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 ondersoek beplan;
1.2 ondersoek uitvoer en data versamel;
1.3 data evalueer en bevindings kommunikeer.
Opdrag
Notification Switch
Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 4' conversation and receive update notifications?