<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Voordat ons kyk of plante sonder blomme en sade kan voortplant, kyk ons eers na die stappe waaruit wetenskaplike navorsing bestaan.
DIE PROBLEEM:
As jy ‘n probleem vir jou navorsing neerskryf, weet almal wat jy ondersoek.
Dit laat jou ook terselfdertyd dink aan wat jy gaan doen en wat jy gaan benodig vir die navorsing.
DIE METODE:
JY verduidelik hoe jy die navorsing gaan uitvoer en wat jy gaan benodig.
Jy kan egter nog nie sê wat jy uitgevind het nie.
WAARNEMING:
Jy maak aantekeninge van al die inligting wat jy versamel het, of as dit ‘n eksperiment is, skryf jy neer wat gebeur terwyl die eksperiment aan die gang is.
GEVOLGTREKKING:
Nou skryf jy neer wat jy uitgevind het, sodat jy dit met ander mense kan deel.
As jy die navorsing op hierdie wyse aanpak, kan jy verseker wees dat jy soos ‘n wetenskaplike te werk gaan. ‘n Wetenskaplike doen altyd navorsing om antwoorde op sy vrae te kry. Jy doen ook dikwels navorsing sonder dat jy dit weet!
Pas hierdie metode toe om iets oor voortplanting by plante uit te vind.
Om te sien of nuwe plante uit ou plante kan groei sonder dat sade gevorm word.
Sny 'n blaaragtige tak (ongeveer 16 cm lank) van ENIGE van die volgende plante wat jy in jou tuin, woonbuurt of omgewing kan bekom:
Sny die onderste blare van die tak af (los net 2 of 3 blare). Ons noem die tak nou 'n steggie. Plant dit in 'n blik vol riviersand of goeie grond. Net 8 cm van die steggie mag bo die grond uitsteek. Maak dit goed nat.
Maak nou gate in 'n plastieksak en bedek die steggie sowel as die blik daarmee. Gebruik 'n stuk wol (tou) of 'n rekkie om die sak om die blik vas te bind.
Gebruik bostaande inligting om die finale produk te skets. Onthou die byskrifte!
Verwyder die plastieksak na ses dae en verwyder die steggie uit die grond.
Plant weer jou steggie in dieselfde blik grond en bedek dit met die plastieksak. Verwyder die sak elke tweede dag (net gedurende die dag, bedek jou steggie snags) vir twee weke lank.
Die jong plantjie behoort nou sterk en gesond genoeg te wees om in vrugbare tuingrond oorgeplant te word!
Die stingels van plante kan gebruik word om nuwe plante mee te kweek. Plante met sagte, groen stingels ontwikkel gou wortels, terwyl plante met houtagtige stamme langer neem. Die proses staan bekend as vegetatiewe voortplanting .
Die aarbei
Die hoofplant vorm lopers wat uiteindelik nuwe plante vorm. Dit is ook 'n voorbeeld van vegetatiewe voortplanting.
Sekere plante vorm bolle ondergronds wat later ontwikkel om nuwe plante te vorm. Kannas, keiserskroonblomme en sekere lelies word op dié manier in onbewoonde dele regoor ons land voortgeplant.
Miljoene blombolle wat deur deskundiges gekweek word, word jaarliks in ons land verkoop. Druk hulle net in die grond, gee genoeg water en jy sal aan die einde van die seisoen met 'n pragtige, kleurvolle massa beloon word!
Dahlias, anemone en affodille is net 'n paar voorbeelde. Besoek jou plaaslike kettingwinkel en kyk of jy blombolle te koop kan kry. Probeer die name van nog VYF soorte blombolle vasstel:
LU 1
WETENSKAPLIKE ONDERSOEK Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 ondersoeke beplan;
1.2 ondersoeke uitvoer en data versamel;
1.3 data evalueer en bevindinge kommunikeer;
(d) Gevolgtrekking – eie bewoording maar moet ‘n antwoord verskaf op die
probleemstelling, bv. plante kan sonder blomme en sade voortplant deurdat
steggies wortels groei.
(e) Hen-en-kuiken
Opdrag:
(a-e) Enige voorbeelde, bv. ranonkels, sporaksis, swaardlelies, sneeuklokkies, freesias.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 5' conversation and receive update notifications?