<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Onthou om mekaar kans te gee om te praat en na mekaar te luister. (Dit beteken dat jy ook respek moet hê vir iemand anders se mening wat van joune verskil).

AKTIWITEIT 3

OM OOR ADVERTENSIES TE PRAAT

[LU 3.2.1]

Op die volgende bladsy is voorbeelde van advertensies van selfone.

  1. Indien jy een van die selfone kan kies, watter een sal jy graag wil hê : nommer 1, nommer 2 of nommer 3?
  2. Waarom sal dit jou keuse wees?
  3. As jy egter daarvoor moet betaal, watter een sal jy dan kies en waarom? Onthou wat jy in die leesstuk gelees het!

AKTIWITEIT 4

OM GRAFIESE TEGNIEKE IN ‘N ADVERTENSIE TE BESPREEK [3.2.2]

OM ‘N ADVERTENSIE TE ONTWERP [LU 4.1.3]

Vorm groepe van ongeveer vier of vyf lede. Gebruik die advertensies op die vorige bladsy of enige ander advertensie wat julle kan kry en ontwerp ‘n selfoonadvertensie wat veral ‘n graad 5-leerder se aandag sal trek. Gee veral aandag aan die gebruik van kleur en verskillende soorte en groottes van skrif. Julle finale ontwerp moet voorberei word vir uitstalling in die klas.

AKTIWITEIT 5

OM ‘N KORT BOODSKAP VIR SPEELSE DOELEINDES TE SKRYF

[LU 4.1.1]

Wanneer mens ‘n selfoonnommer skakel en die oproep word nie beantwoord nie, hoor jy die eienaar se persoonlike boodskap wat sê dat jy ‘n stemposboodskap kan laat. Die persoonlike boodskap sê gewoonlik iets soos die volgende:

“Dit is Petro se nommer. Ek is nie nou beskikbaar nie, maar laat ‘n boodskap, dan skakel ek jou terug.”

Dink nou eers baie mooi en skryf dan die persoonlike boodskap neer wat jy op jou eie selfoon sal plaas. Onthou om jou eie naam te gebruik. Die boodskap moet duidelik wees en tussen 15 en 25 woorde lank.

T aalstruktuur en - G ebruik

aktiwiteit 6

om die direkte en indirekte rede te gebruik

[lu 4.4.2; 6.2.9]

Lees eers weer Aktiwiteit 2.6 se aantekeninge op bladsy 23 van hierdie module.

Kyk ook na die leesstuk op bladsy 41. In die eerste en die tweede paragraaf is daar ‘n hele paar sinne wat in die direkte rede geskryf is.

Skryf nou die volgende sinne oor in die direkte rede:

  1. Lizel sê sy wil ‘n selfoon hê.
  2. Mnr. Dreyer sê hy wil môre vir hom ‘n nuwe selfoon koop.
  3. Mamma vra vir Pierre waar haar selfoon is.
  4. Pierre het geantwoord dat dit seker in haar handsak is.
  5. Die skare skree dat hulle span gaan wen.

AKTIWITEIT 7

OM TE LEER DAT KORREKTE WOORDORDE BELANGRIK IS

[LU 6.2.5]

As jy wil hê ander mense moet verstaan wat jy sê of skryf, moet jy jou woorde in die regte volgorde inspan. Soms kan jy die woorde op meer as een manier rangskik sonder dat die betekenis verander. Ander kere verander die betekenis as jy die woordorde verander.

a) Skryf die volgende sinne oor, maar begin met die onderstreepte woord(e). Dui in die tabel aan of die betekenis nog dieselfde is.

Betekenis dieselfde?

JA NEE

  1. Ons gaan daagliks skool toe.

(ii) Die hoed het in die water geval.

(iii) Die mense het die skape gesien.

(iv) So ‘n lawaai kan mens nie verduur nie.

(v) ‘n Jakkalswyfie is ‘n goeie moeder .

b) Herrangskik die volgende woordgroepe sodat elke groep ‘n betekenisvolle sin vorm:

  1. instrument telefoon is baie nuttige ‘n die
  2. broer Engeland my werk oudste in
  3. gespeel ons ‘n gister het wedstryd

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 5. OpenStax CNX. Sep 04, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10969/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask