<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
INLEIDING
Die avonture van die Wapse is nou verbonde aan die ondervindings van elke leerder in Graad 1, seuns sowel as dogters. Hulle word blootgestel aan ander omgewings - stedelik, platteland, en word bewus van hoe anders mense lewe, bv. in die bos, sonder krane en elektrisiteit.
Opvoeders moet onthou dat daar leerders in hul klas mag wees wat nie Graad R bygewoon het nie en dus sekere vaardighede, strategieë en konsepte van Graad R nie ontwikkel of aangeleer het nie. Die opvoeder het dus nodig om te verseker dat hierdie in Graad 1 aangeleer en ontwikkel word. (Sien Graad R-modules)
Luister en spraak is die belangrike fondamente waarop geletterdheid gebou word. Die mate waarvolgens leerders die praat van hul huistaal bemeester het, sal verskil en die opvoeder moet hiervan bewus wees.
Taalontwikkeling is ‘n proses wat geleidelik ontwikkel en elke leerder het die simpatieke ondersteuning van die opvoeder ter alle tye nodig.
In Graad 1 luister en lees die leerders stories en word hulle betrek by die leer van klanke en die skryf van die taal. Die klasomgewing moet ‘n plek wees wat die leerders sal aanmoedig om alle aspekte van die taal te leer.
Alle leerders behoort al agt modules te voltooi, plus-minus twee per kwartaal. Hulle moet toegelaat word om teen hulle eie spoed te werk.
Die Wapse word bekendgestel. Hulle is anders maar daar is tog ooreenkomstes. Hulle bly in die bos en die diere is hulle vriende.
Liggaamsdele word bespreek en leerders kan die ouditiewe persepsie, ruimtelike oriëntering en ordeningsvaardighede van die leerders assesseer.
Leerders lees en illustreer sinne, gedigte en rympies. Hulle leer die volgende letters en patrone aan.
: | , | |
: | , |
INTEGRASIE VAN TEMAS
‘n Gesonde omgewing
Hierdie module bevat voorlees- en skryfaktiwiteite waarmee die opvoeder die leerders kan evalueer om vas te stel watter leerders gereed is vir formele lees, skryf en die aanleer van klanke, en watter leerders meer oefening benodig om ouditiewe, visuele en motoriese vaardighede te ontwikkel. Die volgende aktiwiteite word as verdere riglyne gegee:
Willie is goeie maatjies met al die Waps-kinders. Natuurlik baklei hulle soms so ‘n bietjie, maar Willie se mamma en pappa het vir hom geleer dat dit nie mooi is om te baklei nie en daarom probeer Willie sy bes om altyd vriendelik te wees met al sy maatjies.
Willie is ook baie lief vir al die diertjies in die bos (behalwe vir die jakkalse, want hulle eet die Wapse se kos op en maak die Waps-kinders baie keer skrik). Hy gesels vreeslik lekker met Meneer Mol, en hy en Vollie kan ure lank deur die bos ry en geheime plekkies gaan soek. Willie het ook ‘n troeteldier, Makkie. Makkie is ‘n akkedis, en hy ry altyd op Willie se skouer deur die bos.
Al die Wapse is baie lief vir Grootoog die uil. Grootoog praat min en hy luister baie. Hy sit heeldag in sy hoë boom en kyk na die Wapse. Maar hy help graag en wanneer die Wapse in die moeilikheid is, gee hy altyd goeie raad.
Miskien is jy net so lief vir jou maatjies en vir diertjies. Dan sal jy seker weet hoe gelukkig Willie in die bos is. Wanneer jy na al sy stories luister, sal jy, soos ek, wens dat jy soms saam met Willie deur die bos kan loop.
LU 1.3 |
Kassie Waps speel wegkruipertjie.
Makkie klim in die boom.
Bienkie Waps sing.
Vollie loop in die bos.
LU 3.4 |
Leeruitkomste 1: LUISTER : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder met genot na kort stories, rympies, gedigte en liedjies uit verskeie kulture luister en begrip toon;
Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder letters en woorde herken en betekenis uit geskrewe teks skep.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 1' conversation and receive update notifications?