<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Op hierdie stadium in jou studies van finansies in wiskunde het jy nog altyd geweet watter rentekoers om in jou berekeninge te gebruik, asook vir watter tydperk die belegging of lening sal duur. Tot nou toe het jy 'n bekende beginpunt gehad en die toekomstige waarde is bereken, of alternatiewelik het jy die toekomstige waarde gehad om mee te begin en jy moet die huidige waarde bereken.
Daar is egter ander vrae wat jy ook kan vra:
Elke keer wanneer jy iets sien wat jy voorheen nog nie gesien het, begin altyd met die basiese vergelyking wat alreeds bekend is aan jou.
Indien hierdie 'n algebraïese probleem was en jy word gevra om “die waarde van te vind", dan sal jy die volgende moet kan bewys:
Jy het nie nodig op hierdie afgeleide vergelyking te memoriseer nie, dit is maklik genoeg om dit af te lei wanneer jy dit sal nodig kry!
Kom ons kyk na die twee voorbeelde wat hier bo genoem is.
Let op dat in beide voorbeelde druk ons uit as 'n aantal jare ( jare, nie 8 nie omdat dit die aantal maande is) wat beteken dat die jaarlikse rentekoers is . Hou altyd die volgende in gedagte - hou die jare by die jare om onnodige foute uit te skakel.
Jy behoort nou die patroon raak te sien. Ons het die standaard formule wat 'n verskeidenheid van veranderlikes bevat:
Ons het opgelos (in Graad 10), (in "Verteenwoordig Waardes of Toekomstige Waardes van 'n Belegging of Lening" ) en (in "Vind die waarde van i" ). Nou gaan ons oplos. Met ander woorde, as ons weet wat die waarde van die geld is in die begin en hoeveel dit vermeerder, en as ons weet watter rentekoers van toepassing is - dan kan ons bereik hoe lank die geld belê moet word vir die geldsake om te klop.
Hierdie afdeling sal bereken deur toets en probeer en deur gebruik te maak van 'n sakrekenaar. Die behoorlike algebraïese oplossing sal in Graad 12 geleer word.
Wanneer ons oplos, kan ons die volgende skryf:
Nou moet ons die betrokke getalle bestudeer om te probeer om vas te stel wat die waarde van is. Verwys na ons Graad 10 notas vir metodes hoe om te vind.
Ons belê R3 500 in 'n spaarrekening wat 7,5% saamgestelde rente betaal vir 'n onbekende tydperk, teen die einde van hierdie tydperk is daar R4 044,69 in die rekening. Vir hoe lank is die geld belê?
Ons word gevra om te vind.
Ons weet die volgende:
Dis nou die tyd om die sakrekenaar uit te haal en 'n paar waardes vir te probeer.
Moontlik | |
1,0 | 1,075 |
1,5 | 1,115 |
2,0 | 1,156 |
2,5 | 1,198 |
Ons sien dat is naastenby 2.
Die R3 500 is belê vir omtrent 2 jaar .
Notification Switch
Would you like to follow the 'Siyavula textbooks: wiskunde (graad 11)' conversation and receive update notifications?