<< Chapter < Page Chapter >> Page >

OM ‘N WOORDEBOEK TE GEBRUIK [ LU 4.4.1]

Bladsy 33 is ‘n afskrif van ‘n bladsy uit ‘n telefoongids. ‘n Telefoongids is gewoonlik ‘n dik boek wat jaarliks gratis deur Telkom versprei word. Dit bevat al die telefoonnommers van huurders in ‘n bepaalde streek. Die huurders se vanne word alfabeties gerangskik. Jy sal sien dat hulle adresse in Engels aangegee word en dat straat en plekname verkort word.

Gebruik ‘n woordeboek waar nodig en vind uit wat die Afrikaans vir die volgende is en skryf dit neer:

Eng. Afkorting Engels Afrikaans

St Street

Rd Road

Box P.O. Box

Dve Drive

Av Avenue

Est Estate

Cres Crescent

AKTIWITEIT 4

OM TE SOEKLEES

[LU 3.1.1]

Soek die volgende inligting en skryf dit neer:

  1. Wat beteken 021 vooraan die nommers?
  2. Die telefoonnommer van Dr. M Mullajee.
  3. By watter adres sal jy RC Mulder kry? Skryf dit in Afrikaans. (Blhr is Belhar).
  4. Wat adverteer Mukhtar Huurdienste?
  5. Kan jy aan ‘n rede dink waarom daar MULLER bo-aan die laaste kolom staan?

AKTIWITEIT 5

OM ‘N ALGEMENE OORSIG OOR TEKS TE VERKRY [LU 3.1.1]

OM DIE FORMAAT VAN INLIGITNG TE VERANDER [ LU 4.1.4]

OM GEVOLGTREKKINGS TE MAAK [LU 5.3.6]

Vra vir jou ouers ‘n ou telefoonrekening. Laat iemand vir jou verduidelik wat alles daarop aangedui word. Let veral op die volgende:

Die bedrag wat betaal moet word

Die bedrag wat vir huur betaal moet word

Die bedrag wat vir bykomende lyne betaal moet word

Die getal plaaslike oproepe en die koste daarvan

Die getal langafstandoproepe en die koste daarvan

Die getal oproepe na sellulêre fone en die koste daarvan

Enige oorsese (internasionale) oproepe

Die laaste datum waarop die rekening betaal kan word

Bespreek dit in julle groepe en maak aantekeninge van die opmerkings en gevolgtrekkings van die groeplede.

Skryf dan ‘n kort verslag oor die redes waarom die huurder so ‘n bedrag moet betaal. Onthou, oproepe na selfone en ander lande is duur. Jy kan jou paragraaf so begin:

  1. J. de Wit van Sonneblomstraat 3, Adelaide se telefoonrekening is ___

(Gebruik ‘n nuwe reël vir elke item en die bedrag daarnaas.)

KONTROLELYS(moet deur die individu voltooi word)
Ek het die telefoonrekening bespreek met iemand wat my daarmee kon help. Ja Nee
Ons groep het die telefoonrekening goed bestudeer en ek het aantekeninge gemaak van ons gevolgtrekkings. Ja Nee
Ons het na mekaar geluister en mekaar kans gegee om ‘n mening uit te spreek sonder om onderbreek te word. Ja Nee
Ek verstaan die inligting wat op die rekening aangegee word. Ja Nee

T aalstruktuur en - G ebruik

aktiwiteit 6

om te leer om woorde korrek te spel

[lu 6.1.3]

Lettergreepverdeling

Wat is lettergrepe? Dis die opbreek van woorde in kleiner deeltjies sodat ons ‘n woord makliker kan spel, byvoorbeeld:

poskantoor pos-kan-toor

telefoonoproep te-le-foon-op-roep

a) Lees die onderstaande stukkie aandagtig deur. Skryf al die vetgedrukte woorde op ‘n skoon vel papier of in jou werkboek neer en verdeel dan die woorde in lettergrepe. Nommer jou antwoorde (i) tot (x).

Ek ... telefoon ... arme ekke!

Ek dink ek is ‘n baie belangrike ding in hierdie huis. Ek het ‘n spesiale plekkie op die kombuiskas. Ek kry feitlik nooit ‘n ruskansie deur die dag nie, want die vrou tel my gehoorbuis kort-kort op, druk op my knoppies en dan praat sy – sommer lank en baie. Partykeer lag sy tog te lekker. Die huismense hou nie daarvan as ek in die nag lui nie en ook nie as hulle na hulle gunstelingprogramme op die televisie kyk nie. Ek is egter magteloos om dit te verhoed, want dit kielie van buite af in my magie en dan lui ek.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 5. OpenStax CNX. Sep 04, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10969/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask