Jy het
lugweë wat bestaan uit neusgange, mondholte, keel (farinks), 'n
trachea (lugpyp) en twee
bronchi (longpype).
Jy het
twee longe bestaande uit duisende longsakkies/blasies of alveoli – die oppervlakte word dus vergroot tot so groot soos 'n pluimbalbaan!
Die
diafragma en
tussenribspiere .
Klasaktiwiteit: studie van skaap- of varklonge
Indien moontlik, moet jou onderwyser bogenoemde dele aan jou toon deur gebruik te maak van 'n skaap of vark se longe.
Die asemhalingsisteem van die mens
Prosesse
Behalwe voeding, is daar nog ander stelsels of sisteme in die mens wat belangrik is vir die doeltreffende funksionering van die liggaam. Ons gaan kyk na asemhaling, ekskresie, voortbeweging en die skelet, asook na voortplanting.
Elke sel in die liggaam van 'n lewende organisme moet suurstof hê vir
RESPIRASIE . Dit is die
ENERGIEGEWENDE PROSES waartydens glukose "verbrand" word in die teenwoordigheid van suurstof. Die afvalproduk is koolstofdioksied.
Die plek waar hierdie verbranding plaasvind binne-in selle, is die
MITOCHONDRIA .
Die manier waarop al hierdie stowwe by die selle in- en uitkom, is met behulp van die bloedstroom.
Die manier waarop suurstof in die bloed beland, is deur ASEMHALING en GASWISSELING.
ASEMHALING : die proses waardeur lug in die longe in en daaruit beweeg met behulp van spiere. Ons noem dit
INSPIRASIE (inaseming) en
EKSPIRASIE (uitaseming).
GASWISSELING : die proses waardeur gasse soos koolstofdioksied en suurstof in die longe tot in die bloed beweeg, asook by die selle.
RESPIRASIE : die energiegewende proses in mitochondria in selle.
Aanpassing vir die prosesse:
Vir
ASEMHALING is daar 'n
DIAFRAGMA of spierplaat onder die longe wat inbult en drukking in die borskas verander; daar is ook
TUSSENRIBSPIERE wat die ribbekas kan laat beweeg.
Vir
GASWISSELING is daar duisende longblasies of
ALVEOLI met baie dun bloedvatryke oppervlaktes wat klam is.
Vir
RESPIRASIE is daar fyn bloedkapillêre wat tot by elke sel strek met
WEEFSELVLOEISTOF wat elke sel omring; daar is ook vele mitochondria .
VERKLAAR ELKEEN VAN DIE AANPASSINGS IN DIE TABEL.
Diafragma
Tussenribspiere
Duisende alveoli
Bloedkapillêre met dun enkel-wande
Alveoli met enkellaagepiteel
Mukusmembrane met cilia
Klasopdrag: TEKENING
Maak 'n skets om die alveoli en 'n bloedkapillêr te toon wat die beweging van die gasse illustreer.
Assessering: TEKENING
Kon jy 'n korrekte skets teken?
[LU 2.3]
Assessering
.
LU 2
Konstruksie van Wetenskapkennis
Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.
Dit is bewys as die leerder:
2.1 betekenisvolle inligting kan onthou;
2.2 inligting kan kategoriseer;
2.3 inligting kan interpreteer;
2.4 kennis kan toepas.
Memorandum
Asemhalingsisteem van die mens
VERKLAAR ELKEEN VAN DIE AANPASSINGS IN DIE TABEL:
Diafragma
Borsholte vergroot/verklein
Tussenribspiere
Borskas lig/sak
Duisende alveoli
Vergroot oppervlak
Bloedkapillêre met dun enkel wande
Kort diffusie-afstande
Alveoli met enkellaag epiteel
Dun laag vir vinnige diffusie
Mukusmembrane met cilia
Slymlaag vang partikels, cilia voer partikels en stof weg