<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 6   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Getalbegrip, optelling en aftrekking

Getalbegrip

Opvoeders afdeling

Memorandum

Toets 2

1. 1.1 Som

1.2 Aftrekking

2. 2.1 Waar

  • Waar

3. 2 382 + 12 018 = 14 400

4 214 + 45 116 = 49 330

= 63 730

4. 4.1 1 143 269

4.2 5 261 380 + 43 826

5.1 R13 + R54 + R8 + R130 = R205

5.2 R204,32

6. 7 637 261

7.1 8 035 933

7.2 8 621 704

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: om probleme in konteks op te los [lu1.6.1]

** Hierdie is ‘n taak vir jou portefeulje – sonder jou sakrekenaar ! Maak seker dat jy goed verstaan wat om te doen. Kyk ook eers na die assesseringskriteria voordat jy wegspring. Vra jou opvoerder vir die nodige papier.

1. Blaai deur jou plaaslike koerant en soek voorbeelde van drie huise wat te koop aangebied word. Hulle pryse moet almal meer as ‘n miljoen rand wees. Knip dit netjies uit en plak dit op jou folio. Bereken wat die drie huise saam sal kos.

2. Blaai weer deur die koerant en soek nou voorbeelde van drie woonstelle wat te koop is. Knip dit ook netjies uit en plak dit op jou folio. Bereken wat jy gesamentlik vir die duurste en goedkoopste woonstel sal moet betaal.

3. Soek nou voorbeelde van drie motors wat te koop is. Knip die advertensies netjies uit en plak dit vas. Bereken die gesamentlike koste van die drie motors.

4. Kies nou vir jou een huis of woonstel en een motor en bereken wat jy daarvoor sal moet betaal.

Assessering: koerantaktiwiteit

Kriteria 1 2 3 4
Netheid Slordig uitgeknip. Glad nie goed vasgeplak nie. Slordig uitgeknip. Vasgeplak. Redelik netjies uitgeknip. Redelik goed vasgeplak. Baie netjies uitgeknip. Deeglik vasgeplak.
Volledigheid Feitlik geen opdrag is uitgevoer nie. Die helfte opdragte is uitgevoer. 1 of 2 opdragte is nie uitgevoer nie. Al die opdragte is uitgevoer.
Korrektheid van berekenings Al die antwoorde is verkeerd bereken. Baie foute is begaan. Min foute is gemaak. Antwoorde is almal korrek bereken.

Toets

1. Vul die ontbrekende antwoorde in:

1.1 Die antwoord van ‘n optelsom word die ________________________genoem.

1.2 __________________________ is die inverse van optelling.. (2)

2. Waar / Onwaar:

2.1 27 meer as 12 849 is 12 876.________________________________________

2.2 869 213 is 9 100 meer as 860 113. ______________________________ (2)

3. Bereken die antwoord van die volgende deur die getalle te groepeer:

2 382 + 4 214 + 12 018 + 45 116

___________________ + ___________________ = ___________________

___________________ + ___________________ = ___________________

= ___________________ (5)

4. Vul die ontbrekende getalle in:

4.1 123 896 + 1 143 269 = ___________________ + 123 896

4.2 5 261 380 + (43 826 + 45 793) = (___________________ +

___________________) + 45 793 (3)

5. Nancy doen inkopies en pak die volgende items in haar mandjie:

Mini-teekoekies R 12,69

Vleis R 54,29

Kaas R 7,84

Braaipan R129,50

5.1 Bereken hoeveel geld sy vir haar inkopies sal benodig deur af te rond tot die naaste rand.

_____________________________________________________________________

(5)

5.2 Bereken nou die presiese bedrag wat Nancy moet betaal.

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

(2)

6. Ebrahim moes die volgende bereken: 4 167 809 + 3 469 452. Hy het vergeet om die som te voltooi. Doen dit namens hom.

4 1 6 7 8 0 9

+ 3 4 6 9 4 5 2

7 _ 3 _ _ 6 _ (2)

7. Bereken die volgende deur die kortste moontlike metode te gebruik:

7.1 4 138 269 + 3 897 664

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________ (2)

7.2 5 963 287 + 2 658 417

  • Voltooi deur die toepaslike blokkie in te kleur:

Ek is

HEELTEMAL GEREED
NIE HEELTEMAL GEREED
GLAD NIE GEREED

om na die volgende leereenheid aan te gaan (nie).

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en hul verwantskappe te herken, te beskryf en voor te stel. Hulle kan ook met bekwaamheid en vertroue tel, skat, bereken en kontroleer tydens die oplos van probleme.

Assesseringstandaard 1.6: Dit is duidelik wanneer die leerder probleme oplos in konteks, insluitend kontekste wat gebruik kan word om ‘n bewustheid van ander leerareas, asook van menseregte-, sosiale, ekonomiese en omgewingskwessies, te bevorder soos:

1.6.1: finansiële kontekste (insluitend koop en verkoop, wins en verlies, eenvoudige begrotings, lees en vertolking van rekeninge, en afslag).

Questions & Answers

what are components of cells
ofosola Reply
twugzfisfjxxkvdsifgfuy7 it
Sami
58214993
Sami
what is a salt
John
the difference between male and female reproduction
John
what is computed
IBRAHIM Reply
what is biology
IBRAHIM
what is the full meaning of biology
IBRAHIM
what is biology
Jeneba
what is cell
Kuot
425844168
Sami
what is biology
Inenevwo
what is cytoplasm
Emmanuel Reply
structure of an animal cell
Arrey Reply
what happens when the eustachian tube is blocked
Puseletso Reply
what's atoms
Achol Reply
discuss how the following factors such as predation risk, competition and habitat structure influence animal's foraging behavior in essay form
Burnet Reply
cell?
Kuot
location of cervical vertebra
KENNEDY Reply
What are acid
Sheriff Reply
define biology infour way
Happiness Reply
What are types of cell
Nansoh Reply
how can I get this book
Gatyin Reply
what is lump
Chineye Reply
what is cell
Maluak Reply
what is biology
Maluak
what is vertibrate
Jeneba
what's cornea?
Majak Reply
what are cell
Achol
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now

Source:  OpenStax, Wiskunde graad 6. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11072/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask