<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 5   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Getalbegrip, optelling en aftrekking

Aftrekking

Opvoeders afdeling

Memorandum

1.1 (a) 510 (b) 810 (c) 860 (d) 1 400 (e) 1 860

1.2 (a) 800 (b) 300 (c) 2 500 (d) 1 700

2.2

a) 16 00 - 10 000 = 6 000

b) 98 000 - 46 000 = 52 000

c) 642 000 - 23 6000 = 406 000

d) 926 000 - 759 000 = 167 000

e) 2468000 - 1129000 = 1339000

LEERDERS AFDELING

Inhoud

Aktiwiteit: om te bereken deur geselekteerde bewerkings [lu 1.8]

1. Net soos by optelling, kan ons ook baie makliker aftrek deur die getalle af te rond. So skat ons ook sommer wat die antwoord naasteby moet wees. Werk saam met ’n maat. Maak beurte om vir mekaar die antwoorde hardop te sê. Kontroleer die antwoorde met ‘n sakrekenaar. Vra gerus jul opvoeder se hulp waar nodig.

1.1 Trek af deur beide getalle af te rond tot die naaste 10:

a) 567 – 63

b) 901 – 87

c) 885 – 25

d) 1 454 – 49

e) 1 999 – 138

1.2 Rond beide getalle af tot die naaste 100 en trek af:

a) 973 – 214

b) 1 259 – 993

c) 6 048 – 3 512

d) 9 999 – 8 234

2. Kom ons kyk na maniere om die verskil tussen groot getalle te bereken.

2.1 Kan jy nog onthou?

Verduidelik aan ’n maat hoe ons afrond tot die naaste 1 000.

2.2 Voltooi die tabel deur af te rond tot die naaste 1 000:

GETAL 1 GETAL 2 VERSKIL
Bv . 4 386 – 1 274 4 000 1 000 3 000
a) 15 980 – 9 621 .......................... .......................... ..........................
b) 98 102 – 46 147 .......................... .......................... ..........................
c) 642 368 – 236 419 .......................... .......................... ..........................
d) 926 135 – 758 910 .......................... .......................... ..........................
e) 2 468 265 – 1 128 651 .......................... .......................... ..........................

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.

Assesseringstandaard 1.8: Dit is duidelik wanneer die leerder skat en bereken deur geskikte bewerkings vir die oplossing van probleme te gebruik:

1.8.1 afronding tot die naaste 5, 10, 100 of 1 000;

1.8.2 optel en aftrek van heelgetalle met minstens 5 syfers.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 5. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10993/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask