<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
‘n Sekere handelaar verkoop piesangs langs die straat. Hy bereken sy uitgawes deeglik en maak seker dat die volgende ingesluit is:
Hy tel alles sorgvuldig bymekaar en bereken hiervolgens wat ‘n piesang sal kos. Dan tel hy ‘n redelike winsgedeelte vir homself by en gaan verkoop sy piesangs.
Ten einde ‘n winsgewende besigheid vir ‘n lang periode te bedryf, is sekere aspekte baie belangrik:
1. Kompetisie
Verkopers probeer geld maak om vir hulself en hul gesinne te sorg.
Dit is dus belangrik vir ‘n verkoper om met ander verkopers te kompeteer ten einde die verbruiker te oortuig om by hom te koop. Hy moet voortdurend nuwe en beter metodes om sy produkte te vervaardig soek, sodat hy dit goedkoper / teen ‘n groter wins kan verkoop. Hy sal baie foute maak en die besigheid mag dalk misluk.
2. Die verbruiker
Die sakeman moet homself altyd die vraag afvra:
“Wie gaan my produkte koop?”
Dit is sy MARK. Hy moet vooraf besluit op watter mark hy homself gaan toespits.
Onthou:
Jy beplan om ‘n speelgoedwinkel te open. Voltooi die volgende verbruikersontleding en doen ‘n behoeftebepaling deur ‘n kruisie te maak waar van toepassing.
Babas | Seuns2 – 6 | Dogters2 – 6 | Seuns7 – 12 | Dogters7 – 12 | Tiener- seuns | Tiener- dogters | Mans | Vrouens | |
Sagte speelgoed | |||||||||
Poppe | |||||||||
Legkaarte | |||||||||
Afstandbeheerde speelgoed | |||||||||
Modelmotors&-vliegtuie | |||||||||
Balle | |||||||||
Rekenaarspeletjies | |||||||||
Fietse | |||||||||
Driewiele | |||||||||
Indien jy nou ‘n studie maak van die spesifieke kliënte uit daardie omgewing wat by jou sal koop, het jy ‘n goeie idee watter voorraad om aan te skaf.
3. Entrepreneurskap
Die woord is ontleen van die Franse woord “entreprendre”. “Entre” beteken “toetree”, terwyl “prendre” die werkwoord vir “om te neem” is. Hieruit kan dus afgelei word dat ‘n entrepreneur iemand is wat ‘n bepaalde taak onderneem.
‘n Entrepreneur is iemand wat die vermoë het om sakegeleenthede raak te sien, wat die moed het om die geleentheid te benut en dit te bestuur om wins te maak.
Kan jy aan nog ‘n paar dink?
Bespreek dit in jul groepe en skryf ‘n paar moontlike redes neer:
Beantwoord die volgende vrae so eerlik moontlik:
Kenmerke | JA | NEE |
Ek het idees hoe om geld te maak. | ||
Ek het al geld gemaak met my idees. | ||
Ek sal my eie besigheid wil hê. | ||
Ek maak dikwels planne van my eie. | ||
Ek het waagmoed. |
Indien jy hoofsaaklik JA geantwoord het, kan jy dit beslis oorweeg om ‘n entrepreneur te word.
GEDAGTES OM TE ONTHOU!
“’n Besigheid is ‘n geleentheid om die verbruiker te bedien deur sommige van sy behoeftes te bevredig.”
“’n Suksesvolle besigheid is ‘n geleentheid om die behoeftes van die verbruiker te dien en in die proses geld te maak.”
SHELDON SE WETTE
Wanneer jy ‘n besigheid begin, neem dinge drie keer so lank as wat jy beplan het.
Wanneer jy ‘n besigheid begin, benodig jy twee keer soveel geld as wat jy beplan het.
LU 3 |
BESTUURS-, VERBRUIKERS- EN FINANSI Ë LE KENNIS EN VAARDIGHEDE Die leerder is in staat om kennis en die vermoë te toon om verskeie bestuurs-, verbruikers- en finansiële vaardighede toe te pas. |
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
3.1 verduidelik die rol van beplanning, organisering, leierskap en beheer (bv. finansiële en prosedurele kontrole) in ‘n sakeonderneming. |
LU 4 |
ENTREPRENEURSKENNIS EN –VAARDIGHEDEDie leerder is in staat om entrepreneurskennis, -vaardighede en –houdings te ontwikkel. |
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
4.1 vergelyk noodsaaklike eienskappe en vaardighede wat nodig is om ‘n entrepreneur te wees uit twee eenvoudige gevallestudies van entrepreneurs in eie gemeenskap; |
4.2 gebruik tegnieke om idees te stimuleer en aanbevelings te doen oor hoe gemeenskapshulpbronne gebruik kan word om inkomste op ‘n verantwoordelike manier te genereer. |
Aktiwiteit.2
Notification Switch
Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 7' conversation and receive update notifications?