<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Hoe kaarte jou kan help om jou provinsie se verlede beter te verstaan
BOERE UIT DIE STEENTYDPERK
(a) Eendag sien jy hierdie kaart van die Suidwes-Kaap by die museum. Die hoof vra jou later om te help om die volgende vyf brokkies inligting op die kaart aan te bring:
KIES DIE SKETS WAT PAS, EN TEKEN DIT OP DIE REGTE PLEK OP DIE KAART.
b) Watter gebeure het heelwaarskynlik plaasgevind as die volgende voorwerpe tydens opgrawings in 'n grot naby Saldanhabaai gevind is?
Skrapers, Potte, Houtwerkgereedskap,
Beenpunte, Klippe met gate in
(c) Ai, die eetgerei!
Werk in pare en maak ‘n lys met vyf instruksies hoe jy met jou klip-eetgerei sal eet...
Meegaande kaarte toon hoe die Ystertydperkboere ons land teen 200 n.C. (omtrent dieselfde tyd as die Khoina) binnegetrek het. Hulle was veral landbouers en het reeds ystergereedskap gebruik. Hulle het veral die oostelike dele van ons land verkies weens die gunstige k vir oeste en die vrugbare d. Swart landbouers het veral met skape en bokke geboer en die grond bewerk. Vir 'n ekstra gewin is gejag en versamel. Daarom het hulle minder rondgetrek en op sekere plekke gebly. Beboste dele is ook skoongemaak vir akkerbou. Dié boerdery was harde werk. Teen 1000 n.C. het vroeë boere al hoe meer aandag begin gee aan beesboerdery en na grasvelde getrek. Veeboerdery was nou belangriker as akkerbou.
(d) Gebruik meegaande bronne, beantwoord die vrae wat volg en hou ‘n groepgesprek oor hoe die volgende ontwikkelinge ons land verander het:
BRON 1
BRON 2
YSTERTYDPERKBOERE TREK ONS LAND BINNE
teen 150 n.C. woon boere reeds op die hooglande van Zimbabwe
200 n.C. woon boere reeds langs die kus van Mosambiek
250 n.C. woon boere reeds by Mzonjani in Natal
600 n.C. woon boere reeds in die breë riviervalleie van Natal
650 n.C. woon boere reeds in die suidelike gebied van die Transkei
BRON 3
BRON 4
Die swart landbouers was goed georganiseerd. So 'n groep het gewoonlik 'n aantal huisgesinne en families ingesluit. Hulle moes hul eie lede versorg - ook die bejaardes en siekes. 'n Deel van die oes moes altyd geberg word vir moeilike tye, soos droogtes. Normaalweg was die oudste man die gesinshoof. Vlugtelinge, ondersteuners, ander familielede of ander vreemdelinge kon uitgenooi word om hulle by die groep aan te sluit. Die mans moes gewoonlik die beeste versorg, terwyl die vrouens op die landerye moes werk. In dele wat meer geskik was vir akkerbou, moes die mans maar op die landerye help, aangesien dit hul grootste bron van inkomste was. Vrouens is egter toegelaat om kleinvee, soos bokke en pluimvee, te versorg.
VASVRA!
Waar het hulle al die materiaal gekry om huise mee te bou?
Uit watter materiale is gereedskap vervaardig?
Hoekom was daar so baie ashope in dié antieke dorpe?
Hoe het hierdie boere ystersmeewerk gedoen?
LU 1
GESKIEDKUNDIGE ONDERSOEK
Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om die verlede en die hede te ondersoek.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 bronne vind:
1.2 met bronne werk:
1.3 vrae beantwoord:
Aktiwiteit
a) 1) Dias 4) Steentydperk-implemente
2) Skerppuntpotte 5) Uitgeholde klippe
b)
Vasvra:
Eers is die ystererts teen ‘n hoë temperatuur in ‘n hoogoond gesmelt om die yster en onsuiwerhede in die rots van mekaar te skei. Groot hoeveelhede houtskool is gebruik om oonde op die regte temperatuur te hou. Na die smeltproses is die yster, wat nou soos ‘n klonterige koek gelyk het, weer verhit. Dan is dit in die vorm van die gereedskap gesmee deur dit te hamer en te sny. Ashope word dikwels naby die hoogoonde gevind
Notification Switch
Would you like to follow the 'Sosiale wetenskappe: geskiedenis graad 5' conversation and receive update notifications?