<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
In Spanje word daar gereeld fees gevier. Die Spanjaarde is veral lief om fees te vier waarby daar bulle betrokke is. Dan word daar sommer gedans en partytjie gehou vir dae aaneen.
Een van die bekendste van hierdie feeste word jaarliks in Pamplona, ‘n dorpie in die noorde van Spanje, gehou. In Julie word daar vir ‘n week lank op groot skaal partytjie gehou. Die hoogtepunt van die fees vind egter plaas wanneer die bulle losgelaat word in die strate van Pamplona, en dan kan diegene wat braaf genoeg is, saam met die bulle hardloop.
Vir sewe dae lank word die bulle wat in die stiergevegte gebruik word, elke oggend om 08:00 uit hul kampe wat aan die buitewyke van die dorp geleë is, losgelaat. Hulle word deur die strate gejaag na die Plaza de Toros, die stadion waar die stiergevegte plaasvind. Die afstand vanaf die bulkampe tot by die stadion is net minder as twee kilometer.
Die groot opgewondenheid ontstaan dan wanneer die klomp toeriste veral, wat dwarsdeur die nag partytjie gehou en gefuif het, voor die bulle uithardloop. Die geplaveide strate van Pamplona is maar nou, en die hoofroete na die stadion word met hoë houtheinings afgesper. Duisende mense drom in die strate saam; almal, behalwe die duisende toeskouers, is vasbeslote om aan die “pretdraf” deel te neem.
Om die opwinding van die hardlopery saam met die bulle te ervaar sonder dat daar enige noemenswaardige gevaar aan verbonde is, is dit raadsaam om reeds teen 07:00 plek in te neem in ‘n straat naby die stadion. Die enigste gevaar dan is om deur die duisende mense agter ‘n mens, eerder as deur die bulle self, vertrap te word. Die wedloop saam met die bulle duur ongeveer een uur. Die eerste hardlopers wat die stadion binnegaan, word luid deur die toeskouers toegejuig.
As die hardlopery verby is en die bulle weer veilig in hul kampe toegemaak is, begin die parade met orkeste wat luidrugtige Spaanse musiek speel, en mense wat in helderkleurige kostuums saam met die musiek dans, deur die strate van Pamplona beweeg.
Die dag se amptelike feesverrigtinge word afgesluit in die namiddag wanneer die stiergeveg om 17:00 in die stadion plaasvind. Eers na afloop daarvan daal daar weer ‘n rustigheid oor Pamplona. Maar net tot die volgende oggend wanneer dieselfde ritueel om 08:00 homself herhaal.
So gaan dit elke dag vir sewe dae lank.
Die boublokke van woorde:
aa soos in blaar
oo soos in oor
ee soos in leer
ê soos in skêr
uu soos in muur
ie soos in mier
a | aa | |||
e | ee | |||
i | ie | |||
o | oo | |||
u | uu | |||
( e ) Tweeklanke of diftonge is die samevoeging van twee vokale om ‘n nuwe klank te vorm. Jou lippe vorm twee klanke, byvoorbeeld:
oei soos in
aai soos in
een soos in
ui soos in
ou soos in
ooi soos in
ei soos in
ai soos in
Soek voorbeelde uit die teks.
Ronding vind plaas wanneer woorde korrek uitgespreek word met geronde lippe. Maar soms vind die volgende plaas:
Ontronding en oorronding
Ontronding vind plaas wanneer vokale te plat of geknyp uitgespreek word soos die woorde: vier in plaas van vuur . fyf in plaas van fuif . | Oorronding vind plaas wanneer vokale met te veel rondheid uitgespreek word soos die woorde: duur in plaas van dier stuur in plaas van stier |
ou soos in h ou
eu soos in d eu r
Hierdie vokale klanke bestaan elkeen uit twee klanke wat langs mekaar in dieselfde lettergreep voorkom en uitgespreek word asof dit een klank is. Daarom word hulle tweeklanke genoem.
ou :
eu :
ui :
oe :
( g ) Is ei soos in M ei ‘n diftong?
( h ) Watter woorde bevat nie diftonge nie?
m y l
m ui l
M ei
LU 2 |
PRAAT Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer. |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
2.1 idees en gevoelens op ‘n ekspressiewe manier, met selfvertroue oordra: |
|
2.5 mondelinge aanbiedings op ‘n kreatiewe wyse doen: |
2.5.1 let op duidelike spraak; |
2.5.2 korrekte pousering; |
2.5.3 tempo en volumewisseling; |
|
LU 6 |
TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer. |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
6.1 met woorde werk: |
6.1.1 raak vertroud met kort en lang klanke en met tweeklanke (diftonge); |
6.1.2 verdeel woorde korrek in lettergrepe; |
6.1.3 gebruik skryftekens (deelteken, koppelteken, afkappingsteken en kappie) korrek; |
6.1.5 gebruik ‘n woordeboek om woordeskat en spelvermoë uit te brei; |
6.1.6 gebruik samestellings en verkleinwoorde korrek om woordeskat uit te brei; |
6.4 bewustheid en gebruik van styl ontwikkel: |
6.4.3 gebruik idiomatiese uitdrukkings en taalidioom gepas; |
6.5 kritiese taalbewustheid ontwikkel: |
6.5.1 maak kennis met die letterlike en figuurlike gebruik van woorde; 8 |
Die boublokke van woorde:
(a) a; e; i; o; u
(d) b; c; d; f; g; h; j; k; l; m; n; p; q; r; s; t; v; w; x; z
(e) oei: geen
aai: geen
eeu: geen
ui: duisende, luid, toegejuig, luidrugtige, afgesluit, gebruik, buitewyke, gefuif, uithardloop, duisende.
ou: nou, toeskouers, gehou
ooi: geen
ei: geplaveide, houtheining, veilig, rustigheid, opgewondenheid.
ai: geen
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 7' conversation and receive update notifications?