<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
PREMORFEEM (VOORVOEGSEL, PREFIKS) – dit staan voor die stamDit is ’n morfeem sonder selfstandige betekenis.Dit word voor aan die stam geheg.Die premorfeem het slegs betekenis binne die konteks van die woord.
POSTMORFEEM (AGTERVOEGSEL, SUFFIKS) Dit is ’n morfeem sonder selfstandige betekenis.Dit word agter aan die stam geheg. Die postmorfeem het slegs betekenis binne die konteks van die woord.
Voorbeelde: manlik man (stam) + lik (postmorfeem) beman premorfeem (be-) + man (stam) mans man(stam) + s (postmorfeem) mannetjie man(stam) + (n)etjie (postmorfeem) huislik huis(stam) + lik (postmorfeem) verhuis ver(premorfeem) + huis(stam) verhuising ver(premorfeem) + huis(stam) + ing(postmorfeem) huisie huis(stam)+ ie (postmorfeem) huise huis(stam) + e (postmorfeem)
SAMESTELLING (KOMPOSITUM)
Voorbeelde: huis+baas = huisbaas (leesstuk 3)pensioen+trekker = pensioentrekker (leesstuk 3)
VERBINDINGSKLANK
Soms word verbindingsklanke / verbindingskomponent tussen die twee stamme gebruik.
AKTIWITEIT 2
Om bekende woorde korrek te kan spel en om taalvorme en sinstrukture te kan gebruik.
1. Skryf die basisvorm/stam neer van elk van die volgende woorde:
1.1 verkeerdelik (leesstuk1)
1.2 onskuldig (leesstuk 1)
1.3 inwoners (leesstuk1)
1.4 afbrand (leesstuk 1)
1.5 Italiaanse (leesstuk 1)
1.6 huurder (leesstuk 1)
2. Bestudeer die leesstukke en skryf vyf samestellings neer.
LU 6.1 | ||||
AKTIWITEIT 3
Om vir inligting te kan lees.
Ongewone reisigers op motor se agtersitplek begroet polisie | |
JAN TALJAARDGEORGE. - Daar sit hulle toe op die agterste sitplek toe die polisie op hulle afkom: drie groot mans en drie uitgegroeide, wollerige skape, kiertsregop en styf teen mekaar. Daarby nog drie skape in die kattebak van die Peugeot 404 en ’n (mens)bestuurder en passasier voor.En toe die polisie later by die man agter die wiel wou weet waarom hy ses skape in die kar gehad het, was die flink antwoord glo dat daar nie plek vir nog was nie.Inspp. Henry Claassen en Kelvin Heyns van die polisie se honde-eenheid op George kon hul oë skaars glo toe hulle die motor Sondagoggend omstreeks vieruur in Sandkraalweg, Thembalethu, van die pad trek en die ongewone groep insittendes hulle begroet het.Die feit dat die kattebak so effens oop- | gestaan het, was die eerste ding wat die polisiemanne laat onraad vermoed het. Dit was egter eers toe hulle nader ry dat hulle die skape op die agtersitplek gewaar. Die diere was springlewendig, maar hul pootjies was netjies voor hulle vasgemaak en hulle het op hul hamme langs hul reisgenote gesit. By nader ondersoek het dit geblyk dat daar nog drie skape in die effens meer ongemaklike ruimte in die kattebak was. Die skape is na bewering vroeër die nag op ’n plaas in die omgewing gesteel.Een van die menslike passasiers het intussen laat spaander. Teen gisteraand was hy nog steeds op vrye voete.Die ander vier manne, onder wie die bestuurder, is in hegtenis geneem op ’n klag van veediefstal. Die saak word deur insp. Geelslang Swart van die polisie se spesiale veediefstalspan in die Kaap ondersoek. Uit: Die Burger |
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 9' conversation and receive update notifications?