<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Hoekom veroorsaak tropiese siklone meer vloedskade, maar rig betreklik min stormwindskade aan gebiede aan? Wat word met die “oog” van ‘n tropiese sikloon bedoel?
1.3 Hoekom sommige mense ‘n hoër risiko as ander is
In die ontwikkelde dele van die wêreld rig tropiese siklone ook baie skade aan, maar dit is gewoonlik nie so rampspoedig nie. Kommunikasiestelsels is goed ontwikkeld en ‘n baie hoë persentasie van die bevolking word bewus gemaak van die naderende gevaar. Hulle kan dus betyds voorsorg tref of die area verlaat. Ook is die konstruksie van hul huise en ander geboue van so ‘n aard dat dit meestal die storms kan weerstaan.
In die ontwikkelende areas van die wêreld kan ‘n tropiese sikloon egter geweldige skade veroorsaak. Eerstens is die areas gewoonlik baie dig bevolk en geweldige lewensverliese kan ondervind word omdat meeste van die mense ook in die minder goeie of gevaarliker areas woonagtig is. Tweedens is hul huise ook van ‘n swak konstruksie en word erg beskadig en selfs vernietig tydens so ‘n storm. Derdens het die areas ook nie ‘n goeie infrastruktuur wat die uitwerking van so ‘n ramp kan beperk of verminder nie. Gesondheidsorg en nooddienste kan nie vinnig genoeg by die mense uitkom nie. 'n Groot gedeelte van die sterftes wat voorkom, geskied eerder na die storm as daartydens.
1.4 Voorkomende maatreëls: die bestuur van gevare en gevaarvermindering
Hoewel wetenskaplikes oor ‘n groot hoeveelheid kennis omtrent tropiese siklone beskik, kan daar eintlik baie min gedoen word om die skade te voorkom wat daardeur aangerig word.
Tog is daar dinge wat gedoen kan word om die skade ietwat te verminder:
Vroeë waarskuwingstelsels van satelliete, radar en data van weerstasies word gebruik om die nadering van ‘n tropiese sikloon te voorspel.
Wolkbesaaiing, ‘n proses wat die energie van die sikloon versprei en die windsnelheid verlaag, is redelik suksesvol.
Beperking van die skade wat dit aanrig. Dit is sekerlik die beste manier om ‘n storm te hanteer. Tipiese voorsorgmaatreëls sluit die volgende in
1. Jy is die leier van ‘n noodleningspan wat deur die Rooikruis na ‘n tropiese sikloon-rampgebied gestuur word. Beraam ‘n plan om die mense wat geraak is te help. Watter maatreëls sal jy eerste tref? Hoeveel tyd sal jou reddingsoperasie in beslag neem?
2. Watter voorsorgmaatreëls kan getref word om die uitwerking van tropiese siklone tot die minimum te beperk? Bestudeer die Amerikaanse Weerburo se sikloon-waarskuwingsplakkaat hiernaas om jou te help met jou antwoorde.
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 2 |
AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIPDie leerder is in staat om aardrykskundige en omgewingskennis en -begrip te toon. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
2.1 beskryf en verduidelik hoe natuurgevare soos vulkane, aardbewings en oorstromings plaasvind, en die uitwerking daarvan op menselewens en op sosio-ekonomiese bedrywighede [mense en plekke];2.2 ondersoek en verduidelik waarom sommige mense meer as ander aan natuurgevare blootgestel is [mense en hulpbronne];2.3 identifiseer hoe risiko’s en natuurgevare hanteer kan word [mense en omgewing]. |
Notification Switch
Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 7' conversation and receive update notifications?