<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
INLEIDING
In Graad 2 sal die leerders voortbou op die woordeskat wat in Graad 1 bekend gestel is. Baie geleenthede moet geskep word om hul luister- en praatvaardighede te ontwikkel sodat lees en skrif daarop kan volg.
‘n Uitgebreide woordeskat is noodsaaklik. Terwyl reeds bekende woorde vasgelê word, word nuwe woordeskat in stories, rympies, gediggies en speletjies ingevoer.
Leerders word aangemoedig om vrae te beantwoord en deel te neem aan besprekings en gesprekke in die addisionele taal.
Leerders se aandag word gevestig op die verskil in die indiwiduele klanke van die nuwe taal. Leerders ontdek dat sommige klanke dieselfde bly en sommige verander. Die opvoeder sal toevallig aandag gee aan die korrekte uitspraak.
TYDSKEDULE VIR MODULES 1 - 5
Daar word voorgestel dat al die leerders al vyf modules voltooi.
Die storie van Sipho, Ben en die Bad Boys skep die geleentheid vir leerders om verhoudings te bespreek en terselfde tyd nuwe woordeskat aan te leer.
Aktiwiteite soos liedjies, ‘n gediggie en raaisels word ingestel.
Liggaamsdele word vasgelê.
INTEGRASIE VAN TEMAS
Almal het die reg om in vrede met mekaar saam te speel en te lewe.
Volgende keer kry elke leerder ‘n boekie. Juffrou lees en leerders volg. Herhaal daagliks totdat leerders spontaan begin “saamlees”.
My vyf sintuie
|
neus | , | ore | , | oë | , | tong | en | vel | . |
2. Flits gereeld.
3. Maak sinstroke van sinne hierbo.
4. Flits en gesels (verwys na storieboekie).
5. As leerders die sinne en woorde goed ken, kry elkeen so ‘n takie soos hierbo. Knip die woorde uit en pas by die regte sin.
1. Skryf gedig op plakkaat.
2. Leerders doen groeplees.
3. Bespreek inhoud en woorde.
4. Leer gedig aan.
5. Dramatiseer.
6. Teken ‘n prent van gedig.
Op die wysie van “Hoe ry die boere sit sit so”.
1. Maak ‘n flitskaart van elke ontbrekende woord.
2. Lees en verduidelik die raaisel.
3. Leerder kies die toepaslike woord – hou dit omhoog - almal lees die woord.
4. Plaas die vier woorde op ‘n bord. Leerders skryf die woord af en teken die prent.
1. Elke leerder kry die takie.
2. Opvoeder lees die sin.
3. Leerders lees die sin.
4. Hou die storieboekie byderhand as verwysing.
5. Gesels oor die sin en slaan na in die boekie as daar twyfel is.
6. Merk in blokkie √ (reg) of X (verkeerd).
1. Opvoeder teken ‘n groot prent van ‘n seun/dogter.
2. Maak flitskaarte van liggaamsdele, bv.
3. Flits woorde
4. Lees woorde
5. Besluit saam watter woord pas by die regte liggaamsdeel.
6. Maak ‘n woordelysie vir elke leerder.
Kop
Nek
skouer
7. Leerders teken hulself.
8. Knip en plak woorde by prent: Gebruik Juffrou se groot prent en flitskaarte as ‘n verwysing.
Die taxi ry dat die stof so staan
en die kar jaag verby op die vinnige baan
Die motors snork en brul en toet
en die drywer trap die petrol met sy voet.
Eers links, dan regs, dan om die draai
Ek voel hoe die wind deur die venster waai
Toet-toet, gee pad! Ons ry na die sokkerveld
Kallas, ons skopper, is nou ons held!
LU 3.1.5 |
So ry die taxi
Ons sit só (x3)
So ry die taxi
Ons sit só
Hoera!
Die motors jaag by ons verby. (x2)
Toet toet toet toet Toot. (x2)
LU 2.7 |
1. Twaalf kinders sit maklik in my …
As ek met hulle skool toe ry.
‘n ……………………………………………………………………………………….
2. Ek is rond en van leer
As jy my hard skop, kan niemand my keer.
‘n ………………………………………………………………………………………..
3. Sonder ons kan jy nie stap of weghardloop as die hond jou wil hap nie!
Jou ……………………………………………………………………………………...
4. Ek het ‘n nommer wat jy kan bel
As jy vir Sipho iets wil vertel.
‘n ………………………………………………………………………………………..
LU 3.1.2 | LU 3.1.4 | LU 4.1 |
√ (Reg) X(Verkeerd)
Sipho ry skool toe met ‘n taxi. | |
Ben ry skool toe met sy fiets. | |
Sipho se selfoonnommer is 082556677. | |
Sipho en Ben speel sokker. | |
Die Bad Boys hou van baklei. | |
Kallas kan die sokkerbal hoog skop. | |
Ek proe met my oor. | |
Ek skop met my voet. | |
Ek kyk met my ore. | |
Ek ruik met my neus. |
LU 5.2 |
kop |
nek |
skouer |
arm |
elmboog |
voet |
toon |
been |
knie |
hand |
vinger |
duim |
neus |
oor |
oog |
hare |
mond |
LU 4.1 | LU 5.2.2 |
. Leeruitkomste 2: PRAAT : Die leerder is in staat om binne ‘n wye reeks situasies met vertroue in gesproke taal te kommunikeer.
Assesseringstandaard 2.7: Dit is duidelik wanneer die leerder liedjies, aksierympies en eenvoudige gedigte memoriseer.
Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om tekste te lees en te ondersoek vir inligting en genot, en krities te reageer op die estetiese, kulturele en emosionele waardes daarvan.
Assesseringstandaard 3.1: Dit is duidelik wanneer die leerder prente om geskrewe teks te verstaan gebruik:
3.1.2 bring prente in verband met eie ervaring;
3.1.4 pas ‘n sin (‘n onderskrif) by ‘n prent;
3.1.5 teken ‘n prent om ‘n sin te illustreer;
Leeruitkomste 4: SKRYF : Die leerder is in staat om verskillende tipes feitelike en verbeeldingryke tekste te skryf vir ‘nw ye reeks doeleindes.
Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder bekende woorde en sinne oorskryf (byskrifte of titels by tekeninge);
Leeruitkomste 5: DINK EN REDENEER : Die leerder is in staat om deur middel van taalgebruik te dink en te redeneer, en u toegang tot inligting te verkry, dit te verwerk en te gebruik sodat leer kan plaasvind.
Assesseringstandaard 5.2: Dit is duidelik wanneer die leerder taal om te dink gebruik;
5.2.2 identifiseer dele van ‘n geheel (soos die dele van ‘n motor).
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 2' conversation and receive update notifications?