<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
[LU 5.1.1]
Nadat jy na die dramatiserings van jou klasmaats geluister het, gaan jy nou probeer om twee paragrawe te skryf oor die botsing tussen Mevrou Haastige Hanlie en Stadige Stienie. Gee die redes vir wat jy dink die oorsaak van die onenigheid kan wees. Beskryf ook wat die moontlike gevolge kan wees.
Hoe skryf ons ‘n brief in Afrikaans?
Kom ons leer eers hoe ‘n informele brief in Afrikaans lyk en dan kry jy kans om jou eie brief te skryf.
Die vorm van die informele brief
Die skrywer se adres Begin regs, net regs van die middel, bo-aan die bladsy. Skryf die adres in blokvorm, dit wil sê direk onder mekaar. Geen kommas of punte word gebruik nie. Die straatnaam word as een woord geskryf, bv. Kerkstraat, Sentraalweg, ens.Eerste, Tweede, Vierde Laan of Straat kan vas of los geskryf word, bv.: Tweedelaan, Vyfdestraat, of Eerste Laan, Tiende Straat. Skryf altyd die nommer van die eiendom ná die straatnaam. Die poskode verskyn onder die naam van die dorp, stad of voorstad. Die datum word in dié volgorde geskryf:dag, maand, jaar5 Maart 2009 Skryf die maandname voluit. Moenie afkortings gebruik nie. |
Keurboomlaan 238Eersterivier71005 Maart 2009 |
Die aanhef
Beste Dion
Laat 'n reël oop tussen die datum regs en die aanhef links.
Begin die aanhef teenaan die kantlyn.
Geen komma na die aanhef nie
Die inhoud
Laat 'n reël oop ná die aanhef.
Al die paragrawe moet teenaan die kantlyn begin.
Laat 'n reël oop tussen alle paragrawe.
Die slot
Groete.
Jou vriendGeorge
Laat 'n reël oop tussen die laaste paragraaf en die slotsin.
Laat 'n reël oop tussen die slotsin en die werklike slot.
Skryf 'n punt ná die slotsin, byvoorbeeld: Vriendelike groete.
Skryf die slot in blokvorm, teen die linkerkantlyn.
Geen leestekens ná die slot nie.
‘n Brief lyk dus so:
Keurboomlaan 238
Eersterivier
7100
5 Maart 2009
[Oop reël hier]
Beste Dion
[Oop reël hier]
( Begin hier vir jou eerste paragraaf)
(Laat ‘n reël oop tussen paragrawe)
[Laate paragraaf]
Geniet jou vakansie.
Jou vriend
George
AKTIWITEIT 4
OM ‘N INFORMELE BRIEF TE SKRYF [LU 4.1.1]
OM NETJIES EN LEESBAAR TE SKRYF [LU 4.3]
OM SINVOLLE PARAGRAWE TE SKRYF [LU 4.4.3]
Jou nefie of niggie, met wie jy baie goeie maats is, kon nie jou verjaarsdagpartytjie bywoon nie omdat hy / sy in ‘n ander provinsie woon. Skryf vir hom / haar 'n brief en vertel van jou partytjie. Jy mag maar jou verbeelding gebruik. Onthou om netjies te skryf.
Onthou
Goeie beplanning van jou brief is noodsaaklik.
Skryf drie paragrawe.
Paragraaf 1: Maak melding van: die datum
hoeveel maats jy genooi het
waar hulle die geskenke gesit het
waar die partytjie gehou is.
Paragraaf 2 : Vertel: wat julle alles gedoen het
wat julle geëet en gedrink het.
Paragraaf 3 : Vertel: dat jou maats vertrek het
hoe jy dit geniet het om jou geskenke oop te maak.
[Skryf jou brief op ‘n skoon vel papier of in jou werkboek.]
Skryf jou neef / niggie se adres op ‘n koevert en plak dit onder jou brief, of teken ‘n koevert en skryf die adres daarin. Onthou, hy / sy woon in ‘n ander provinsie. Sorg ook dat jy die korrekte poskode byvoeg.
LU 2
PRAAT
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 5' conversation and receive update notifications?