<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Domkop Daan word 'n stok-ou man,
En dit in die hospitaal!
Want Ongeluk maak, is al wat hy kan,
Al waarsku jy hom 'n duisend maal:
Dis bene af van val-uit-die-boom,
Dis stukkende tong van Stok-in-die-mond.
Dis stamp teen die kop van loop-en-droom,
Dis skeur in die lip van lol-met-die-hond.
Dis vel afgeskroei van vuurhoutjies brand,
Dis amper sonder oog van klappers skiet!
Dis byna verdrink van waag by die strand,
Maar mooipraat met Daan is skoon verniet.
Dit speel in die straat waar die motors ry,
Dit jaag met die fiets om hoek en draai;
Dis groen vrugte eet en spelde inkry,
Dis dinge aanvang wat niemand sal raai.
Ja-nee-
Domkop Daan word 'n stok-ou man,
En dit in die hospitaal!
(Anoniem – Bron: Die Burger )
Dit is belangrik dat jy nie dieselfde foute maak as die mense onder in die prent nie. Kyk of jy tien dinge kan vind wat die mense se lewe in gevaar stel.
Hier volg 'n paar baie belangrike reëls wat jy as voetganger moet onthou.
ASSESSERINGSTANDAARDE(LU’s) |
LEWENSORIENTERINGLU 3 |
PERSOONLIKE ONTWIKKELINGDie leerder sal in staat wees om aangeleerde lewensvaardighede te gebruik om persoonlike potensiaal te bereik en uit te brei ten einde effektief op uitdagings in sy of haar wêreld te kan reageer. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
3.5 groepwerkvaardighede identifiseer en dit konsekwent toepas. |
LU 4 |
FISIESE ONTWIKKELING EN BEWEGINGDie leerder sal in staat wees om ‘n begrip te toon van aktiwiteite wat beweging en fisiese ontwikkeling bevorder, en sal daaraan deelneem. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
4.1 ‘n verskeidenheid perseptuele motoriese vaardighede in pare en in spanne toon, en eenvoudige reëls navolg;4.4 aan spel deelneem en die uitwerking daarvan op die liggaam beskryf. |
KUNS EN KULTUURLU 3 |
DEELNEMING EN SAMEWERKING Die leerder sal in staat wees om persoonlike en interpersoonlike vaardighede te toon deur individuele en groepsdeelname aan Kuns- en Kultuuraktiwiteite. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
3.2 Drama : met ander saamwerk as situasies in rolle ontgin word. |
Notification Switch
Would you like to follow the 'Lewensvaardighede graad 3' conversation and receive update notifications?