<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Tegnologie

Graad 6

Bak en brou

Module 1

Prosessering

VOORKENNIS

  1. Hierdie module handel oor die verandering wat een soort materiaal of ‘n groep materiale kan ondergaan om ‘n nuwe produk te vorm. Dit word PROSESSERING genoem. Ons gaan in hierdie module kyk ons spesifiek na die prosessering van voedsel.

Voorbeelde van prosessering

Bestanddele gebruik Prosessering Nuwe produk
suikermielies, room, melk, geurmiddels voeg in, prut, roer sop
eiers, melk, geurmiddels, botter smelt, klits, voeg by, gooi in ‘n omelette
eiers, suiker, botter, melk, meel, kakao, sout, bakpoeier, geurmiddels klits, voeg by, smelt, vou in, voeg by, meng, gooi in, bak, keer uit ‘n sjokolade laagkoek

Opdrag

  1. VOLTOOI OP JOU EIE:
  1. Gebruik enige resepteboek of tydskrif waarin resepte verskyn. Kies enige resep en voltooi die onderstaande tabel:
Bestanddele gebruik Prosessering Nuwe produk
  1. Skryf neer alle apparaat wat jy nodig het om jou produk te kan voorberei:

Verwysingsbron:

LU/AS 2.2

Opdrag

  1. Gebruik enige verklarende woordeboek en skryf die betekenis vir elk van die volgende prosesse, wanneer ons voedsel voorberei, neer:
  • blansjeer .
  • kap .
  • klits .
  • marineer .
  • versier .

Bron geraadpleeg: ...........................

Kan jy aan nog prosesse dink? Skryf soveel moontlik neer:

LU/AS 1.3

D. By voorbereiding van voedsel noem ons die materiale wat ons gebruik die bestanddele . Laasgenoemde kan plantaardig (van plante afkomstig) of dierlik (van diere afkomstig) wees. Gaan huis toe en maak jou ma se koskas en yskas oop. Voltooi die volgende tabel deur ten minste vyf voorbeelde van elk neer te skryf .

PLANTAARDIGE BESTANDDELE DIERLIKE BESTANDDELE
Bv. Meelblom Melk

E. Dit is nodig om hierdie bestanddele in die mees geskikte verpakking te bewaar sodat die voedselsoorte so lank as moontlik hul voedingswaarde sal behou, en nie uitdroog, klam raak of begin sleg ruik nie .

LU/AS 1.2

Verbind elke voedselsoort met sy geskikste verpakking om voorafgaande te waarborg.

VOEDSELSOORT VERPAKKING
Bv. Eiers Plastieksak
  1. Meelblom
Blikkie
  1. Brood
Polistireenhouer
  1. Melk
Lugdigte houer
  1. Botter
Plastiekbottel
  1. Ingemaakte sardientjies
Kartondosie
  1. Souspoeier
Plastiekbakkie
  1. Appels
n Papiersak
  1. Ingemaakte perskes
‘n Plat Kartonboks
  1. Pizza
‘n Blikkie
LU/AS 2.2

F. MEETEENHEDE VIR BESTANDDELE

Opdrag

In watter eenheid sal jy die volgende bestanddele afmeet en watter apparaat gaan jy gebruik? Omkring die korrekte woord.

BESTANDDEEL EENHEID APPARAAT
  1. melk
mℓ, g meetbeker/skaal
  1. suiker
mℓ, g meetbeker/skaal
  1. bakpoeier
mℓ, g meetbeker/skaal
  1. botter
mℓ, g meetbeker/skaal
  1. vanielje-essens
mℓ, g meetbeker/skaal

Gevolgtrekking

Vloeistowwe word gewoonlik afgemeet met ‘n maatbeker wat ‘n inhoudsmaat het. Vaste stowwe word geweeg op ‘n skaal om die korrekte massa te bepaal. Moderne resepteboeke dui deesdae al die bestanddele in ‘n inhoudsmaat aan, aangesien dit gouer is om met meetbekers en lepels af te meet as om elke bestanddeel apart op ‘n skaal te weeg.

[LU/AS 3.2]

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
TEGNOLOGIESE PROSESSE EN VAARDIGHEDEDie leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen :
Ondersoek:
1.2 vind uit oor bestaande produkte wat relevant vir ‘n probleem, behoefte of geleentheid is, en identifiseer en vergelyk die ontwerpaspekte daarvan (bv. vir wie dit is, waarvoor dit is, hoe dit lyk; waarvan dit gemaak is, hoe dit werk, of dit die omgewing sal affekteer);
1.3 voer, waar gepas, ‘n wetenskaplike ondersoek uit oor begrippe wat relevant vir ‘n probleem, behoefte of geleentheid is deur wetenskapprosesvaardighede te gebruik;
Ontwerp:
1.4 skryf of kommunikeer ‘n ontwerpopdrag vir die ontwikkeling van ‘n produk met betrekking tot ‘n gegewe probleem, behoefte of geleentheid en stel die tegnologiese doel van die oplossing duidelik;
1.5 stel minstens twee alternatiewe oplossings vir die probleem, behoefte of geleentheid voor wat duidelik met die ontwerpopdrag en met gegewe spesifikasies en besprekings (bv. mense, doel, veiligheid, omgewingsimpak, voorkoms) skakel, en teken dit aan;
Maak:
1.7 ontwikkel planne met besonderhede oor die stappe om dinge te maak, insluitend tekeninge of sketse wat help om die planne duidelik te stel;
1.8 kies en gebruik gepaste gereedskap en materiaal om produkte te maak deur die gekose materiaal af te meet, uit te merk, te sny of te skei, te vorm of te vervorm, aan mekaar te heg, te las of saam te voeg, en af te rond;
1.9 werk doeltreffend en veilig;
Evalueer:
1.10 evalueer die produk volgens die ontwerpopdrag en gegewe spesifikasies en besprekings (bv. mense, doel, omgewingsimpak, veiligheid, voorkoms), en stel verbeteringe en wysigings voor, indien nodig;
1.11 evalueer die aksieplan wat gevolg is en stel verbeteringe en wysigings voor, indien nodig;
Kommunikeer:
1.12 maak gepaste sketse (bv. tweedimensionele sketse van idees met byskrifte, uitgebreide tekeninge van finale oplossing en tekeninge met afmetings) om verskillende inligting gepas en doeltreffend te kommunikeer.
Leeruitkomstes(LUs)
LU 2
TEGNOLOGIESE KENNIS EN BEGRIPDie leerder is in staat om relevante tegnologiese kennis te verstaan en dit eties en verantwoordelik toe te pas.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
Verwerking:
2.2 toon kennis en begrip van die redes waarom verskillende soorte materiaal verswak of bederf en van maniere om dit te preserveer (bv. deur dit te droog, oor te trek, in te maak, te verseël).
LU 3
TEGNOLOGIE, DIE SAMELEWING EN DIE OMGEWINGDie leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap, tegnologie, die samelewing en die omgewing oor tyd heen te toon.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
Inheemse Tegnologie en Kultuur:
3.1 beskryf ooreenkomste in probleme en oplossings in eie en ander samelewings – in die verlede, hede en toekoms;
Impak van Tegnologie:
3.2 stel maniere voor om tegnologiese produkte of prosesse te verbeter om die negatiewe uitwerking op mense en/of die omgewingsgesondheid te verminder.

Memorandum

(b)

1. Leerders se eie antwoorde.

2. Eie antwoorde

Plantaardig Dierlik
Rys, kakao, spaghetti, vrugte, brood, konfyt, groente, kookolie, suiker, ens. Vleis, eiers, botter, room, kaas, joghurt, vis, ens.
(d)

(e) (a) kartondosie

(b) lugdigte houer

(c) plastiekbottel

(d) plastiekbakkie

(e) blikkie

(f) plastieksak

(f) (1) ml meetbeker

(2) g maatbeker; skaal

(3) ml/g meetbeker; meetlepel

(4) g skaal

(5) ml meetbeker; meetlepel

Questions & Answers

what are components of cells
ofosola Reply
twugzfisfjxxkvdsifgfuy7 it
Sami
58214993
Sami
what is a salt
John
the difference between male and female reproduction
John
what is computed
IBRAHIM Reply
what is biology
IBRAHIM
what is the full meaning of biology
IBRAHIM
what is biology
Jeneba
what is cell
Kuot
425844168
Sami
what is biology
Inenevwo
what is cytoplasm
Emmanuel Reply
structure of an animal cell
Arrey Reply
what happens when the eustachian tube is blocked
Puseletso Reply
what's atoms
Achol Reply
discuss how the following factors such as predation risk, competition and habitat structure influence animal's foraging behavior in essay form
Burnet Reply
cell?
Kuot
location of cervical vertebra
KENNEDY Reply
What are acid
Sheriff Reply
define biology infour way
Happiness Reply
What are types of cell
Nansoh Reply
how can I get this book
Gatyin Reply
what is lump
Chineye Reply
what is cell
Maluak Reply
what is biology
Maluak
what is vertibrate
Jeneba
what's cornea?
Majak Reply
what are cell
Achol
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Tegnologie graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11004/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Tegnologie graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask