<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
As jy 'n aantal lyne verbind sodat die eindpunt van die eerste lyn die beginpunt van die laaste lyn ontmoet, kry jy 'n poligoon . Elke lyn wat deel van die poligoon uitmaak, staan bekend as 'n sy . 'n Poligoon het binnehoeke - dit is die hoeke aan die binnekant van die poligoon. Poligone het net soveel sye as binnehoeke. As 'n poligoon se sye ewe lank is en sy hoeke ewe groot is, noem ons dit 'n reëlmatige poligoon . Voorbeelde van poligone word getoon in [link] .
'n Driehoek is 'n drie-sydige poligoon. Daar is verskeie soorte driehoeke: ongelyksydig, gelyksydig, gelykbenig, reghoekig, skerphoekig, stomphoekig. Die eienskappe van hierdie driehoeke is opgesom in [link] .
Naam | Diagram | Eienskappe |
gelyksydig | Al 3 sye is ewe lank (aangedui met die kort strepies wat getrek is deur die gelyke sye) en al 3 die hoeke is ewe groot. | |
gelykbenig | Twee sye is ewe lank. Die hoeke teenoor die gelyke sye is ewe groot. | |
reghoekig | Hierdie driehoek het een regte hoek. Die sy teenoor hierdie hoek word genoem die skuinssy . | |
skerphoekig (nie-sillabus) | Alle sye en alle hoeke is van verskillende lengtes/groottes. |
As die hoekpunte van 'n driehoek benoem word met A, B en C - dan praat ons van .
Simbool | Beskrywing | Diagram |
SS90H | As die skuinssy en een ander sy van een reghoekige driehoek gelyk is aan die skuinssy en ooreenkomstige ander sy van 'n tweede driehoek, dan is die driehoeke kongruent. | |
SSS | As die 3 sye van 'n driehoek net so lank is soos die ooreenkomstige 3 sye van 'n ander driehoek, dan is die 2 driehoeke kongruent. | |
SHS | As 2 sye en die ingeslote hoek van een driehoek net so groot is soos 2 sye en die ingeslote hoek van 'n ander driehoek, dan is die 2 driehoeke kongruent. | |
HHS | As 1 sy en 2 hoeke van 'n driehoek net so groot is as die ooreenkomstige sy en 2 hoeke van 'n ander driehoek, dan is die 2 driehoeke kongruent. |
Beskrywing | Diagram |
As 3 hoeke van een driehoek gelyk is aan die 3 hoeke van 'n ander driehoek is die driehoeke gelykvormig. | |
As al 3 sye van 'n driehoek eweredig is aan die ooreenstemmende 3 sye van 'n ander driehoek, dan is die 2 driehoeke gelykvormig. |
As
ABC 'n reghoekige driehoek is (
) dan
Omgekeerde: As
, dan is
ABC 'n reghoekige driehoek (
).
In die volgende figure, bepaal of die 2 driehoeke kongruent is en gebruik dan die resultaat om die onbekendes te vind.
Ons gebruik Pythagoras om x te bereken:
'n Vierhoek is 'n geslote vier-sydige figuur. Daar is 'n aantal spesiale vierhoeke (trapesium, parallelogram, vlieër, rombus, reghoek, vierkant) waaroor jy later sal leer in Geometry .
Daar is baie ander poligone waarvan sommige gegee word in die tabel hieronder.
Sye | Naam |
5 | pentagoon |
6 | heksagoon |
7 | heptagoon |
8 | oktagoon |
10 | dekagoon |
15 | pentagoon |
Jy kan die grootte van die binnehoek van 'n reëlmatige poligoon as volg bereken:
waar die aantal sye is en enige hoek is.
Vind die grootte van die binnehoeke van 'n reëlmatige oktogoon.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Siyavula textbooks: wiskunde (graad 10) [caps]' conversation and receive update notifications?