<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Dis Guy Fawkes-dag. Sommige leerders in julle klas wil ‘n vuurwerkvertoning reël vir die aand. Ander voel weer dat daar te veel gevare op die spel is. Een persoon voel veral sterk oor hoe dit die diere van die omgewing kan affekteer.
‘n Paar maats vorm al vir ‘n jaar ‘n “kliek”. Daar is ‘n nuwe leerder in julle klas en dit lyk asof die helfte van die “kliek-groep” die persoon wil deel maak van hulle “kliek”, maar die ander helfte sterk daarteen gekant is.
Daar is een speelpark in julle woonbuurt. Een Saterdagmiddag wil ‘n groep swart kinders daar sokker speel, maar ‘n groep wit kinders wil krieket speel op dieselfde plek en tyd.
(Hierdie is ‘n pret-groepwerksessie. Indien moontlik moet ten minste twee aaneenlopende lesperiodes hiervoor gebruik word. Voorbereiding en beplanning vooraf is noodsaaklik).
Projek Kyalami
Die klas word verdeel in ewe groot groepe. Dit is belangrik dat die groepe soortgelyk moet wees, bv. ewe veel seuns en meisies in elke groep. Probeer ook in elke groep groter en kleiner leerders plaas, asook sport/kultuur-georiënteerde leerders.
Die opdrag:
Bou ‘n renmotor (of eerder ‘n renwa) wat oor die volgende eienskappe beskik:
Dit moet ten minste een wiel hê.
Daar moet ‘n nommerplaat wees.
Dit moet genoeg sitplek vir een persoon hê.
Die wa moet deur ten minste twee persone gestoot of getrek word.
Geen regte enjins of petrolaangedrewe voertuie word toegelaat nie.
(Leerders mag voorwerpe en materiaal van die huis af bring, maar die ‘wa’ moet by die skool gebou word deur die span).
Verder:
Elke span moet ‘n “gelukbringer” hê.
Elke span moet ‘n slagspreuk of kreet hê.
Elke lid in die span moet ‘n aktiewe rol speel in die Kyalami-projek
Oorspronklikheid en kreatiwiteit is baie belangrik.
Die resies:
Al die waens en spanlede moet by ‘n wegspringpunt aantree.
Die onderwyser blaas ‘n fluitjie en almal spring gelyk weg.
Elke renwa moet ten minste 80 meter ver gestoot of getrek word tot by die wenstreep.
Toekenning van punte:
Die lesperiode n á die resies:
Vul as span die volgende in:
Ons span se beste eienskap .............................................................
Ons span se swakste eienskap .............................................................
Het een lid as spanleier opgetree? ............................................................
Het elke lid ‘n bydrae gelewer? ...........................................................
Was daar enige negatiewe gedrag
teenoor mekaar of ander spanne? ...........................................................
As ons weer so ‘n projek aanpak, sal
ons dieselfde doen? Indien nie, wat
sal ons anders doen? ...........................................................
Was dit ‘n aangename spanaktiwiteit? .........................................................
LEERUITKOMS 3: PERSOONLIKE ONTWIKKELING
Die leerder is in staat om verworwe lewensvaardighede te gebruik om persoonlike potensiaal te verwesenlik en uit te bou ten einde doeltreffend op uitdagings in sy/haar wêreld te reageer.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder
3.5 besin oor en leer uit eie ervaring van groepwerk.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 4' conversation and receive update notifications?