<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Plantstingels se funksie is om blare, blomme en vrugte van ‘n plant so te dra dat dit blootgestel is aan sonlig, bestuiwingsagente en vrugverspreiders.
By groot bome word die stingel later die stam en is dit baie verdik en versterk. Die bogrondse organe kan nie sonder water lewe nie. Omdat die water uit die grond kom, moet dit opwaarts vervoer word. Die “vervoerpype” vir die water en minerale soute word gevorm deur verlengde, dooie selle wat die hout van die plant uitmaak. Die plantkundige naam vir hout is x ileem . Hierdie voedingstowwe moet na die res van die plant vervoer word, die wortels ingesluit. Hierdie stelsel van lewende, verlengde selle vorm die bas van die plant. Die plantkundige term daarvoor is floëem .
Die blare vervaardig op hulle beurt stysel en suiker.
Breek ‘n paar takkies of stingels van verskillende plante af. Plaas dit voor jou op die bank en kyk na die verskille.
Verdeel hulle in twee groepe: bruin houtagtige tipes en die groen kruidagtiges.
Let op na die bruin, houtagtige takkie wat jy gepluk het. Die kanse is goed dat jy klein wit spikkeltjies op hierdie bruin takkies sien. Ons noem dit LENTISELLE. Lentiselle is openinkies wat gaswisseling in die winterseisoen moontlik maak.
Assessering van Stingelstudie
Kon jy informasie oproep om te onderskei?
[LU 2.1]
2. Jou onderwyser sal jou help om die volgende begrippe te beskryf. Hulle het almal te doen met strukture wat op die stingel aangetref word.
Eindknop:
Groeistreek:
Litte:
Knope:
Blaarlittetekens:
Oksel:
Skubblare:
3. Gebruik die lys by no. 2 en voorsien die illustrasies by no. 1 van byskrifte.
4. Jou gevolgtrekking: wat is die hooffunksies van stingels?
Assessering van Sketse en Vrae
Kon jy verskille en bou aandui?
[LU 2.2; 2.3]
Die volgende kolomgrafiek toon die lengtegroei van ses verskillende sonneblomsaailinge (A, B, C, D, E, F) die eerste week na ontkieming aan.
Assessering van Grafiek
Kon jy vrae beantwoord?
[LU 2.3]
LU 2
Konstruksie van Wetenskapkennis
Notification Switch
Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 9' conversation and receive update notifications?