<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
VISUELE KUNSTE
Voorbeeld van die kleurwiel:
Hersiening van die kleurwiel
Bestudeer die kleurwiel hierbo en beantwoord dan die volgende vrae:
Aktiwiteit 2:
TUISOPDRAG
Bring ‘n versameling van tien verskillende teksture d.m.v. frottage klas toe. Frottage is ‘n tegniek waar papier op ‘n voorwerp gesit word en daar dan oor die voorwerp met ‘n sagte potlood (2B, 4B of 6B) op die papier gekrap word. (‘n Bekende voorbeeld is wanneer ‘n muntstuk onder papier gesit word en dan in potlood verskyn terwyl daar oor die papier gekrap word.)
Dink byvoorbeeld aan: skoensole, baksteenmure, stoeloppervlakke, houttafelblaaie, verskillende materiale, ensovoorts.
Verdeel nou die teksture in die volgende:
VOORWERP | GLAD | MEDIUM | GROF |
Terug in die klas moet jy in jou groep ‘n plakkaat-grootte stuk papier in vier gelyke dele verdeel en dan van jou frottage-teksture daarop oorteken. Elkeen in die groep moet ten minste een beurt per blok of kwart kry om sy/haar frottage-tekstuur oor te teken.
Kleur kan nou bygevoeg word om in elke kwart ‘n seisoen uit te beeld. So byvoorbeeld kan die SOMER in GELE gedoen word, WINTER in BLOUE, LENTE in GROENE of PERSE en HERFS in ORANJES of enige ander kleurkeuses. Elke groep moet self besluit watter kleur hulle aan watter seisoen herinner.
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 3 |
DEELNAME EN SAMEWERKING Die leerder is in staat om persoonlike en sosiale vaardighede deur individuele en groepdeelname aan kuns- en kultuuraktiwiteite te toon. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
ALGEMEEN t.o.v. 3.1 – 3.8 hieronder, die volgende toon: |
|
|
VISUELE KUNS (3.8) |
|
Notification Switch
Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 7' conversation and receive update notifications?