<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Onthou die reëls van groepwerk is die volgende:
Trek ‘n kruisie in die gepaste blokkie na elke stelling:
JA | NEE | |
Tistet Vedene was ‘n boelie. | ||
Die pous het hom laat bluf deur Tistet. | ||
Tistet se gekonkel het vrugte afgewerp. | ||
Tistet was net astrant teenoor die muil. | ||
Hy was traag om die muil kos te gee. | ||
Die pous alleen het elke aand vir die muil haar kruiewyn geneem. | ||
Die muil het gehou van die poetse wat Tistet op haar gebak het. | ||
Die muil het byna gesterf van vrees toe Tistet haar by die kloktoring opgeneem het. | ||
Die pous was ontstel deur die gebeure. | ||
Tistet was ‘n baie eerlike seun. |
Voornaamwoorde word gebruik wanneer ons nie die name van persone of dinge wil noem nie. Ons kan sê: “Gee vir Sarel Sarel se toebroodjies.” Dit is egter makliker om te sê: “Gee vir Sarel sy toebroodjies,” of “Gee vir hom sy toebroodjies.”
Sulke woorde wat mense en dinge aandui, word voornaamwoorde genoem.
Nog voorbeelde:
Hulle is veral die volgende:
Ek , jy en u moet almal teenwoordig wees.
Wie is dit daardie?
Hy en sy is nooi en kêrel.
Ons gaan eers by julle kuier en dan by hulle .
Verskoon my .
Onse Vader, laat U wil geskied.
Maak soveel sinne as wat jy kan:
KarelHyDie slagterDaardie man | iswas | ‘n kollega‘n kennis‘n buurman‘n familielid‘n kêrel‘n swaer‘n werkgewer‘n vyand | van | myhaarjou neefElsiejullehullejouhom |
Die belangrikste betreklike voornaamwoorde is:
wat, wie, wie se, waaronder, waarop
Hulle word gebruik ná die selfstandige naamwoord. Hulle het betrekking op die mense, diere of dinge wat direk voor hulle staan.
Die man wat daar sit, is my oom.
Die man wie se motor gesteel is, is my oom.
Die sambreel waaronder ons sit, verskaf koelte.
Die stoel waarop jy sit, is ‘n antiek.
Die mense aan wie ek die grap vertel het, het gelag.
Onderstreep die regte woord tussen hakies:
Vul die regte betreklike voornaamvoorde in:
Ma wil my hemp, jou broek en sy trui was.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 7' conversation and receive update notifications?