<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Die volgende skets toon ’n baksteen wat op die tafel voor jou lê. Gesels met ’n maat en besluit op maniere hoe die baksteen in beweging gebring kan word. In wetenskap dui ons kragte en die rigting waarin hulle werk met ’n pyl aan.
Dui die moontlike bewegingsrigtings met pyle aan.
Skryf voorbeelde van wrywing uit jou alledaagse lewe neer.
Assessering
Kon jy die term krag beskryf, die kragrigtings in die skets aandui en voorbeelde van wrywing gee?
[LU 2.4]
Gebruik ’n stophorlosie, ’n trekskaal, ’n baksteen, ’n stukkie gladde karton of perspeks so groot soos die baksteen, ’n stukkie tou, babapoeier en ’n skaatsplank.
Metode |
Tyd | |||
1 | 2 | 3 | Gem. |
1. Waarom moes jy alles drie keer herhaal?
2. Waarom was daar ’n verskil in bewegingstyd met die baksteen alleen, die karton/perspeks en die skaatsplank?
3. Op watter ander maniere kan wrywing verminder word?
4. Dink net aan ’n motorvoertuig en noem vyf voorbeelde van dele waar dit noodsaaklik is om smeermiddels of ander maniere van wrywingvermindering te gebruik. Verduidelik elkeen.
[LU 1.2; LU 1.3; LU 2.3]
Onthou die volgende:
Vrae:
1. Skryf ’n voorbeeld van elkeen van die uitwerkings neer:
2. Identifiseer die volgende uitwerkings van kragte:
Om navorsing te doen oor ’n wetenskaplike wat ’n groot bydrae tot die wetenskap gemaak het: Isaac Newton
Skryf 'n verslag van drie foliobladsye oor die persoon, Isaac Newton, en die bydrae wat hy tot die wetenskap gemaak het. Verwys ook na die gesegde “die appel val nie ver van die boom nie”. Voeg die verslag as bykomende bladsy wat op hierdie bladsy volg, in.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 9' conversation and receive update notifications?