Onderling uitsluitende gebeurtenisse is gebeurtenisse wat nie op dieselfde tyd waar kan waar wees nie.
Voorbeelde van onderling uitsluitende gebeure is:
'n Dobbelsteen wat op 'n ewe of op 'n onewe getal land.
'n Student wat 'n eksamen dop of slaag.
'n Muntstuk wat op kop of stert land
Dit beteken dat as ons die elemente ondersoek wat die stelle
en
opmaak, sal daar geen gemeenskaplike elemente wees nie. Daarom,
(waar
verwys na die leë stel). Since,
, vergelyking
[link] word:
vir onderling uitsluitende gebeurtenisse.
Ons kan onderling uitsluitende gebeurtenisse op 'n Venn-diagram voorstel. In hierdie geval raak die twee sirkels nie aan mekaar raak, maar is eerder heeltemal aparte dele van die steekproefruimte.
Oefeninge met onderling uitsluitende gebeutrenisse
'n Boks bevat gekleurde blokkies. Die aantal van elke kleur word deur die volgende tabel voorgestel.
Kleur
Pers
Oranje
Wit
Pienk
Aantal blokkies
24
32
41
19
'n Blokkie word ewekansig gekies. Wat is die waarskynlikheid dat die blokkie:
pers
pers of wit is
pienk en oranje is
nie oranje is nie?
'n Klein private skool het' n klas met kinders van
verskillende ouderdomme. Die tabel gee die aantal leerlinge van elke ouderdomsgroep in die klas.
3 jarige meisies
3 jarige seuns
4 jarige meisies
4
jarige seuns
5 jarige meisies
5 jarige seuns
6
2
5
7
4
6
As 'n leerder lukraak gekies word, wat is die waarskynlikheid dat dat die leerder:
'n meisie is
'n 4 jarige seun is
3 of 4 jaar oud is
3 en 4 jaar oud is
nie 5 jaar oud is nie
3 jaar oud of 'n meisie is?
Fiona het 85 gemerkte skyfies wat genommer is vanaf 1 tot 85. As 'n skyfie lukraak gekies word, wat is die waarskynlikheid dat die nommer van die skyfie:
eindig met 'n 5
met 3 vermenigvuldig kan word
met 6 vermenigvuldig kan word
die nommer 65 is
nie 'n veelvoud van 5 is nie
'n veelvoud van 4 of 3 is
'n veelvoud van 2 en 6 is
die nommmer 1 is?
Komplementêre gebeurtenisse
Die waarskynlikheid van komplementêre gebeurtenis verwys na die waarskynlikheid dat gebeure nie sal plaasvind nie. Byvoorbeeld: as
, dan is die warskynlikheid dat
nie gebeur nie dieselfde as die waarskynlikheid dat al die ander gebeure in
gebeur minus as die waarskynlikheid dat
gebeur. Dit beteken dat
waar A' verwys na `nie A'
Met ander woorde, die waarskynlikheid van `nie A' is gelyk aan een minus die waarskynlikheid van A.
As jy twee dobbelstene gooi, een rooi en die ander blou, wat is die waarskynlikheid dat ten minste een van hulle 'n ses sal wees?
Om hierdie tipe probleem op te los, bereken die waarskynlikheid dat daar geen 6 sal wees nie.
Die waarskynlikheid dat die rooi dobbelsteen nie 'n 6 is nie is 5/6 en die waarskynlikheid dat die bloue nie 'n 6 is nie, is ook 5/6.
So die waarskynlikheid dat geeneen 'n ses sal wees nie is
.
So die waarskynlikheid dat ten minste een 'n 6 sal wees is
.
'n Sak bevat drie rooi balle, vyf wit balle, twee groen balle en vier blou balle:
1. Bereken die waarskynlikheid dat 'n rooi bal getrek word.
2. Bereken die waarskynlikheid dat 'n bal wat nie rooi is nie getrek word.
Laat R die gebeurtenis waar 'n rooi bal getrek word wees:
Daar is 79 Graad 10 leerders by die skool. Almal van hulle neem Wiskunde, Aardrykskunde of Geskiedenis. Die aantal wat Aardrykskunde neem is 41, die wat Geskiedenis neem is 36 en 30 neem Wiskunde. Die aantal wat Wiskunde en Geskiedenis neem is 16; die aantal wat Geskiedenis en Aardrykskunde neem is 6. Dan is daar 8 wat slegs Wiskunde en 16 wat slegs Geskiedenis neem.
Teken 'n Venn-diagram om al die inligting voor te stel.
Hoeveel leerders neem Wiskunde en Aardrykskunde, maar nie Geskiedenis nie?