<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Byvoorbeeld, die rasionale getal kan in desimale notasie geskryf word as en soortgelyk kan die desimale getal 0,25 soos volg as 'n rasionale getal geskryf word: .
'n Desimale getal het 'n heeltallige deel en 'n breukdeel. Byvoorbeeld het 'n heeltallige deel van 10 en 'n breukdeel van omdat . Die breukdeel kan geskryf word as 'n rasionale getal, m.a.w. met 'n teller en 'n noemer wat heelgetalle is.
Elke syfer na die desimale komma is 'n breuk met 'n noemer wat 'n vermeerderende mag van 10 is. Byvoorbeeld:
Dit beteken dat:
(a) | (b) | (c) | (d) |
Wanneer die desimaal repeterend is, is daar 'n bietjie meer werk nodig om die breukdeel van die desimale getal as 'n breuk te skryf. Ons sal verduidelik aan die hand van 'n voorbeeld.
Indien ons in die vorm wil skryf (waar en heelgetalle is), sal ons soos volg te werk gaan:
Nog 'n voorbeeld sou wees om as 'n rasionale breuk te skryf.
In die eerste voorbeeld is die desimaal vermenigvuldig met 10 en in die tweede voorbeeld is dit vermenigvuldig met 1000. Dit is omdat daar in die eerste voorbeeld slegs een repeterende syfer (nl. 3) was, terwyl die tweede voorbeeld drie repeterende syfers (nl. 432) gehad het.
In die algemeen, as jy een repeterende syfer het, vermenigvuldig jy met 10. As jy twee repeterende syfers het, vermenigvuldig jy met 100. Met drie syfers vermenigvuldig jy met 1000. Kan jy al die patroon raaksien?
Die aantal nulle is dieselfde as die aantal repeterende syfers.
Nie alle desimale getalle kan as rasionale getalle geskryf word nie. Hoekom nie? Irrasionale desimale getalle soos kan nie geskryf word met 'n heeltallige teller en noemer nie, omdat daar geen patroon van repeterende syfers is nie. Jy behoort egter, so ver moontlik, eerder rasionale getalle of breuke as desimale getalle te gebruik.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Siyavula textbooks: wiskunde (graad 10) [caps]' conversation and receive update notifications?