<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Stap 1
Sing die lied Rooi, Geel, Blou .
Verdeel in die drie kleurgroepe:
Rooi - stemme
Geel - liggaamsperkussie (ons gebruik ons liggaam as instrument)
Blou - ritmiese instrumente (ritmeblokkies)
Voer nou die lied uit op jou “instrument”
ROOI | GEEL | BLOU |
Stem | Liggaamsperkussie | Ritmeblokkies |
Sing | Handicap | Kap blokkies |
Neurie | Vingerklap | Vryf blokkies |
Waarneming
Klink die Blou-groep dieselfde as Rooi-groep? | |
Klink die Blou-groep dieselfde as Geel-groep? | |
Klink die Geel-groep dieselfde as Rooi-groep? |
Elke stem en elke instrument het ‘n spesifieke klankkleur wat hom uniek maak en onderskei van ander. Hierdie klankkleur noem ons ook timbre . (Uitgespreek: taam-bre)
Hoe kan ek die klankkleur ligter of donkerder maak?
Metode
Elke kleurgroep onderverdeel in twee groepe – lig en donker. Voer nou die lied uit op jou betrokke instrument soos aangedui. Luister noukeurig na Juffrou se instruksies!
1. Onderskei tussen sag en hard
ROOI | GEEL | BLOU | |||
piano | FORTE | piano | FORTE | piano | FORTE |
2. Onderskei tussen vinnig of stadig , met ander woorde TEMPO
ROOI | GEEL | BLOU | |||
vinnig | STADIG | vinnig | STADIG | vinnig | STADIG |
3. Onderskei tussen staccato en legato
ROOI | GEEL | BLOU | |||
staccato | LEGATO | staccato | LEGATO | staccato | LEGATO |
Staccato klink soos ‘n bal wat hop, of reëndruppels wat val, met ander woorde kort klanke. Uitgespreek: Sta-ka-toe.
Legato klink soos ‘n stuk borrelgom wat jy uitrek, met ander woorde al-les- aan-een. Uitgespreek: lê-gha-toe
4. Onderskei tussen solo en groep .
Wanneer een persoon alleen sing (of ‘n instrument bespeel), noem ons dit ‘n solo .
Wanneer ‘n groep saam sing of speel, noem ons dit ‘n ensemble .
ROOI | GEEL | BLOU | |||
solo | ENSEMBLE | solo | ENSEMBLE | solo | ENSEMBLE |
5. Probeer nou verskillende kombinasies bv.
Rooi + geel: vinnig en sag
Rooi + geel + blou: sag, staccato en vinnig
6. Voorstelle vir kombinasies:
7. Die mooiste kombinasie:
Voltooi die volgende kontrolelys: | JA | NEE |
Ek kan onderskei tussen LIG en DONKER | ||
Ek kan onderskei tussen solo en ENSEMBLE | ||
Ek kan onderskei tussen piano en FORTE | ||
Ek kan onderskei tussen staccato en LEGATO | ||
Ek kan onderskei tussen vinnig en STADIG |
Jy het ‘n kanon gesing!( uitgespreek: Kaa-non )
‘n Kanon is wanneer twee of meer groepe dieselfde lied sing, maar elke groep val in op ‘n verskillende tydstip.
LIGTE GROEP | DONKER GROEP |
piano, staccato | FORTE, LEGATO |
Woorde | Primêre kleure bind dit saam | Kleure van die reënboog | ROOI GEEL BLOU | ROOI GEEL BLOU |
Voorbeeld | staccato | staccato | LEGATO en FORTE | LEGATO en piano |
Ek is in die groep |
KAN JY DIE VOLGENDE GRAFIESE VOORSTELLING VAN DIE KANON ONTSYFER?
LEERUITKOMS 3: DEELNAME EN SAMEWERKING
Die leerder is in staat om persoonlike en sosiale vaardighede te toon deur individueel en in groepe aan kuns- en kultuuraktiwiteite deel te neem.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder:
3.5 kanons, ronde- of tweedelige liedjies saam met andere kan sing en /of speel saam met ander leerders, en natuurlike, gemaakte en gevonde instrumente gebruik;
3.6 eenvoudige blaasinstrumente, soos ‘n Kazoe of Tshikona/Dinaka-fluit, of slaginstrument soos skudders in harmonie met ander speel.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 4' conversation and receive update notifications?