<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Lees die volgende artikel en beantwoord dan die vrae wat volg:
Omgewingsentrum vir kinders van oral
Die Parmalat-omgewingsentrum wat vroeër vandeesmaand by Soetwater amptelik geopen is, bied ‘n puik geleentheid vir kinders, en veral dié van agtergeblewe gemeenskappe, om onderrig te ontvang in ‘n groot verskeidenheid aspekte van die omgewing.
Soetwater, die droom van Jan Labuschagne, ‘n voormalige onderwyser aan die Laerskool Kommetjie, het vir 80 kinders en vier onderwysers op ‘n slag plek. ‘n Groot verskeidenheid opvoedkundige aspekte word aangeroer, maar daar is drie fokusgebiede: pret en avontuur, natuur- en omgewingstudie en opvoeding- en gesondheidskwessies.
Wat die natuur- en omgewingstudie betref, het Soetwater baie om te bied. Daar is ‘n ryk biodiversiteit met maklike toegang tot ‘n hele aantal verskillende ekologiese stelsels.
Dié stelsels sluit bergfynbos, duin-madeliefies, seisoenale vleilande sowel as rotskus en sandstrande in.
Kinders en onderwysers word bewus gemaak van allerlei aspekte van Soetwater, soos die Khoi-khoi-visvanggate, skulphope, meer as 200 faunaspesies, 550 floraspesies, die teenwoordigheid van die endemiese swarttobie en die vuurtoring wat steeds in gebruik is.
Skole wat plek wil bespreek vir die driedaagse kamp of vir daguitstappies kan Jane Sanda by 021 783 2806 bel. Leierskampe vir leerlingrade en vakansie-avontuurkampe vir kinders is ook beskikbaar.
Aangepas uit: Die Burger , 19 November 2002
1. Skryf een volsin van nie meer nie as 20 woorde oor wat Soetwater bied.
2. Verduidelik in een volsin van nie meer nie as tien woorde na watter ekologiese stelsels verwys word.
3. Wat beteken dit as hy ‘n “voormalige” onderwyser is? Dit hoef nie ‘n volsin te wees nie, maar dit mag nie sewe woorde oorskry nie.
4. Wat is fauna en flora? Verduidelik in twee aparte sinne. Dit hoef nie volsinne te wees nie, maar saam mag dit nie meer as ag woorde wees nie.
1. Gebruik ‘n verklarende woordeboek om die betekenis van die volgende woorde uit te vind. Die woorde kom uit die artikel in Aktiwiteit 3.
1.1 biodiversiteit
LU 2 PRAAT |
Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit word bewys as die leerder: |
2.4 gevorderde interaksievaardighede toon deur aktief aan groepbesprekings, gesprekke, debatte en ondersoeke deel te neem: |
LU 3 LEES EN KYK |
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer. |
Dit word bewys as die leerder: |
3.4 begrip toon van ’n wye verskeidenheid informatiewe tekste: |
3.7 evalueer tegnieke wat in visuele, geskrewe en multimedia-tekste gebruik word om ‘n spesifieke effek te bereik: |
LU 6 Taalstruktuur en-Gebruik |
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer. |
Dit word bewys as die leerder: |
6.1 met woorde werk: |
6.2 met sinne werk: |
6.3 werk met tekste: |
LU 4 SKRYF |
Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingsryke tekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf. |
Dit word bewys as die leerder: |
4.4 gebruik die skryfproses onafhanklik en met gemak om tekste te skep: |
AKTIWITEIT 1
AKTIWITEIT 2
AKTIWITEIT 3
AKTIWITEIT 4
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 9' conversation and receive update notifications?