<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Was dit nie vir advertensies nie, sou ons dagblaaie maklik vyf maal duurder gekos het en sou ons nie naastenby so ‘n verskeidenheid programme op TV kon geniet nie. Dit is egter belangrik dat ons ons nie deur advertensies laat breinspoel nie.
Bestudeer die onderstaande advertensie en doen dan die aktiwiteite soos gevra.
Hou ‘n klasdebat oor die volgende onderwerp: Dit is belangrik / nie belangrik nie om vandag slank en uiterlik aantreklik te wees.
van ondervoeding aan die ander kant uit te beeld. Jy kan individueel werk en dan jou poging hier invoeg of julle kan in groepe werk en jul pogings (plakkaatgrootte) êrens in die klaskamer uitstal.
Ons weet dat duisende mense daagliks in die wêreld sterf weens ondervoeding en wanvoeding. Stel nou ‘n gebalanseerde dieet saam vir ‘n week. Vergelyk dit met jou dieet van die afgelope week. Jy kan gebruik maak van geheuekaarte, vloeidiagramme, lyste, ens.
Drink Coca-Cola
Die borrelgasdrankie
wat skuimsprankelend
en goudbruin vonkel
van lokgenot.
Elke mondvol smaak rondvol
met lekkerprikprikkels op die tong
en laat die mond dagvars.
Die woorde skuimsprankelend , lokgeno t en lekkerprikprikkels is neologismes (nuwe skeppings) wat lekker op die oor val en dadelik aandag trek. Die belangrikste aspek van 'n advertensie is dat dit die aandag moet trek. Indien die leser nie die advertensie tussen al die ander uitsonder en lees nie, is die hele boodskap verlore. Daar is verskillende maniere om aandag te trek: eerstens die visuele, soos bv. die illustrasie, die kleur, die uitleg, die lettertipe en tweedens die kopie, d.w.s. die woorde, die boodskap, die opskrif, ens. 'n Goeie advertensie moet dus die leser oorreed, nie verouderd wees nie, nie misleidend wees nie en op 'n teikengroep gemik wees.
Kies nou enige advertensie uit ‘n tydskrif. Beoordeel nou die advertensie aan die hand van die gegewe kriteria.
Beoordeel jou advertensie aan die hand van die volgende punte:
In ‘n veeltalige land moet ons inligting van een taal na ‘n ander kan omskakel. Vertaal die volgende stukke oor die popster Björk in keurige Afrikaans. Gebruik ‘n goeie woordeboek. Moenie in die slagyster trap en woord vir woord vertaal nie. Laat jou onderwyser/es jou met die eerste een of twee paragrawe help. Julle kan ook ‘n paragraaf of twee in groepe aanpak.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 6' conversation and receive update notifications?