<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Aktiwiteit 3:
Om te bespreek watter woorde in ‘n teks ‘n reaksie by die leser ontlok
[LU 3.3]
Lees nou die twee artikels baie noukeurig deur. Die twee verslaggewers gebruik taal om ‘n reaksie (respons) by ons te ontlok.
Besluit weer eens in groepe watter woorde (sinsnedes) die verslaggewers gebruik om respons by ons te ontlok.
Aktiwiteit 4:
Om teenstellende argumente te beredeneer
[LU 5.1.4]
Die klas word in twee groepe verdeel. Die een groep gaan die onderstaande stelling ondersteun en die ander groep gaan dit teenstaan.
Jy gaan individueel die hoofgedagtes vir en teen d.m.v. ‘n geheuekaart voorstel. Jy moet dus mooi luister wat jou maats sê. Stelling: Vertoonwedstryde soos Anna Kournikova teen Amanda Coetzer en Tiger Woods teen Retief Goosen is blote vertoonwedstryde (‘n sirkus) en boonop word genoemde sportsterre hopeloos te veel betaal.
Kies vir jou ‘n maat. Een van julle gaan Anna Kournikova voorstel en die ander ‘n nuusverslaggewer. Die verslaggewer moet ‘n nuusflits vir die televisie voorberei. Jou vrae moet dus goed deurdag wees. “Anna Kournikova” weer, se lyftaal en antwoorde moet haar beeld as die mooiste tennisspeelster in die wêreld ondersteun. (Fokus op lyftaal, postuur, volume, toonhoogte, ens.)
Ons lees in die berig van Thalyta Swanepoel oor Anna Kournikova en Amanda Coetzer hoe die son ‘n mens se vel kan beskadig. Velkanker is ook ‘n gevaar wat ons nie langer in ons land kan verontagsaam nie. Suid-Afrika het Australië verbygesteek in die groei wat velkanker onder sy inwoners toon. In Australië is daar bv. orals op die skoolgrond masjiene waar jy kosteloos sonskerm (sonroom) kan bekom om aan die gedeeltes van jou lyf te smeer wat aan die son blootgestel word. Die toename in velkanker kan direk toegeskryf word aan die “gat in die atmosfeer” (osoonlaag) wat veroorsaak word deurdat die osoonlaag in die atmosfeer deur besoedeling beskadig word. Suid-Afrika is ‘n sonryke land wat dit nodig maak dat ons spesiale voorsorg teen die son moet tref. In Australië het elke skool ‘n sonbeleid.
Stel ‘n sonbeleid (in groepe) vir julle skool saam en skryf dit neer.
Ons het gelees dat Vader Tyd by mejj. Coetzer en Kournikova oor 20 jaar sy pond vleis sal kom eis . Iets interessants: Wat is die “ plaaslike oog ” waar Neels Jackson saam met die ou oom gekuier het?
Pas die idiome uit kolom B by die betekenisse uit kolom A. Verbind die idiome uit kolom B met die korrekte betekenis uit kolom A. Verbind dit met ‘n kleurkryt(e) of ‘n balpuntpen.
KOLOM A | KOLOM B |
Jou laaste sportwedstryd speel | Jakkels prys sy eie stert |
Iemand wat anders is as wat hy hom voordoen | Die kalf is in die put |
Steel | ‘n Wolf in skaapsklere |
Een ster laat nie alles vir ‘n span regloop nie | ‘n Halwe eier is beter as ‘n leë dop |
Liewer iets as glad niks | Iemand ‘n gat in die kop praat |
Iemand wat homself prys | Lang vingers hê |
Iemand tot sy nadeel oorreed | Met lang tande eet |
Teensinnig eet | ‘n Nuwe blaadjie omslaan |
Opnuut begin | Honger is die beste kok |
Daar is geen ander uitweg nie | Die koeël is deur die kerk |
In die moeilikheid kom | Hy het tiermelk gedrink |
Alles is lekker as jy honger is | Jou hare uit jou kop trek |
Baie spyt oor iets wees | Maljan onder die hoenders wees |
Die enigste man onder dames wees | Iets met wortel en tak uitroei |
Iets heeltemal uitroei | Jou rieme styfloop |
Dit is klaar gedoen en kan nie verander nie | Een swaeltjie maak nie ‘n somer nie |
Besope wees | Hy het sy/haar swanesang gesing |
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 6' conversation and receive update notifications?