<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
DRAMA
Dit is nou jou beurt om die res van die klas deur ‘n opwarmingsroetine te lei.
Jou opwarmingsroetine moet die volgende insluit:
Ontspanning:
Postuur / Houding:
Asemhaling en Stem:
Is jy gereed vir die volgende opwindende projek? Maak seker dat jy presies verstaan wat jou opvoeder wil hê jy moet doen en maak seker dat jy die konsepte aangaande hierdie aktiwiteit verstaan. Moenie bang wees om te vra as jy iets nie verstaan nie!
Maar eers moet jy die konsep Populêre Kultuur leer ken.
Populêre kultuur is enige dans, literatuur, musiek, teater, of enige kunsvorm wat deur die ‘man of vrou op straat’ in ‘n literêre, tegnologies gevorderde gemeenskap aangeneem en waardeer word.
Televisie
Om jou eie realiteitstelevisieprogram te vervaardig, moet jy van die volgende kennis neem:
Produksie
Jou opvoeder sal al hierdie portefeuljes aan jou verduidelik. By watter departement sal jy graag betrokke wil wees? Of sal jy graag een van die deelnemers wil wees? Jy kan kies!
Om hierdie program in werking te stel het ons ‘n teks nodig.
Die teks
Noudat ons ‘n teks het, kan ons begin. Hier volg ‘n samestelling van die produksie om jou te help met jou beplanning. Maak ‘n merk langs elke item soos dit voltooi word. Hierdie is slegs ‘n voorbeeld. Jy kan jou eie produksielys saamstel volgens jou eie vereistes.
Produksielys
ITEMS | NOTAS | VOLTOOI |
Teks | Vervaardiger moet nog goedkeur | √ |
Vul van portefeuljes | ||
Peil van sukses | ||
Selektering van finaliste | ||
Selektering van musiek | ||
Repetisiedatums | ||
Opvoerdatum | ||
Publisiteit | ||
Plakkate, kaartjies, ens. | ||
Stelontwerp |
Stelbou | ||
Kostuumontwerp | ||
Grimering | ||
Kenwysie | ||
Addisionele musiek | ||
Klanktoerusting | ||
Beligtingstoerusting | ||
Videokameras | ||
Rekwisiete | ||
Beoordelaarstafel | ||
Produksieteks | ||
Videoredigering | ||
Aanbieding van video | ||
Hierdie projek is ‘n spanpoging en dit vereis dat jy baie nou met die ander leerders in jou klas moet saamwerk sodat “Popstar Idols” ‘n sukses kan wees!
Geniet dit!
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 1 |
skepping, interpretasie en aanbiedingDie leerder is in staat om werk in elk van die kunsvorme te skep, te interpreteer en aan te bied. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
DANS |
1.1 danse uit populêre kulture leer en opvoer; |
1.2 die volgende doen om die liggaam voor te berei:
|
1.3 improviseer, komponeer en kombineer bewegingsmotiewe deur die gebruik van:1.3.1 bewegings of gebare;1.3.2 herhaling en stiltes;1.3.3 kontrasterende dinamika. |
1.4 danspassies en kombinasies daarvan uit minstens twee style of tradisies van Suider-Afrika opvoer. |
DRAMA |
1.5 ‘n eenvoudige opwarmingsroetine, gebaseer op die onderwyser se oefeninge, saamstel om met die klas te deel; |
1.6 met die onderwyser se bystand deelneem aan die skep en aanbieding van ‘n geskrewe skets of afgeronde improvisasie wat op populêre kultuur gebaseer is. Hierdie item behoort: |
1.6.1 kennis van die teikengehoor te toon; |
1.6.2 hulpmiddels wat tot die stuk bydra, te gebruik; |
1.6.3 gepaste dramatiese elemente te gebruik; |
1.6.4 ander kunsvorme in te sluit. |
Notification Switch
Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 8' conversation and receive update notifications?