Die plantegroei van ‘n streek word beïnvloed deur die temperatuur en reënval van die gebied. Net soos ons verskillende klimaatstreke in ons land aantref, is daar ook verskillende plantegroeistreke. Die mense pas aan by die tipe plantegroei wat in hulle onmiddellike area groei. Boere is veral afhanklik van die plantegroei en klimaat as dit kom by die keuse van ‘n boerderytipe. Sekere gewasse aard beter in sekere klimaatstoestande as ander, terwyl sekere natuurlike plantegroei as voedsel vir sekere diersoorte kan dien.
Die volgende kaart dui die hoofplantegroeistreke in Suid-Afrika aan.
Nama-Karoo
baie groot streek
baie droog
somerreënvalstreek
plante: klein met houtagtige stamme en klein blare (min water nodig)
diere: springbokke en ander wild (loop ver agter kos aan) skape en bokke kan hier oorleef
plase baie groot vir genoeg kos en water
ekonomies : boere
water skaars – dikwels boorgate
Sukkulent-Karoo
langs Weskus
somers baie warm met baie min reën
winterreën (min)
mis uit see bring vog vir plantegroei
plante: stoor water in blare en stamme (sukkulent)
grond nie vrugbaar en dus ongeskik vir grootskaalse boerdery
ekonomies : mense maak staat op see as hulpbron vir inkomste (vis)
ekonomies : blommeprag in lente (toeriste groot bron van inkomste)
Grasveld
baie groot streek (van Limpopo tot Kalahari – sluit Bosveld in)
plante: baie verskillende soorte (gras / bosse / bome )
gras kort; groei tussen bome
bome gehard (sambreelvormig – bied skaduwee vir diere)
diere: baie wildsoorte (olifante/renosters/kameelperde/bokke)
beeste volop – goeie weiding
ekonomies : baie wildplase / sommige vir jag en ander vir toeriste
nadeel: baie tsetsevlieë
Aktiwiteit 1
Om 'n paragraaf oor 'n onderwerp te skryf
[lu 1.7]
Lees meer oor die tsetsevlieg en watter nadelige invloed dit op ‘n streek se mense en diere kan hê. Skryf nou ‘n kort paragraaf hieroor.
Savanne
grootste gedeelte van Vrystaat, binneland van Kwazulu-Natal en die Oos-Kaap
somerreën – donderstorms en hael
winter – baie koud met ryp
plante: as gevolg van koue winters – min bome
lang en kort gras
ekonomies : boere plant dikwels mielies
Fynbos
Mediterreense reënvalstreek
somers – warm en droog (boorgate vir besproeiing)
winters – koud en nat
plante: blaartjies klein en fyn – hou water in somer en vries nie maklik in winter nie
immergroen
ekonomies : goeie grond (vrugteboerdery – veral druiwe)
van die beste wyne uit hierdie streek
Woude
dwarsoor Suid-Afrika versprei (slegs 1% van land se oppervlak)
Knysna / KwaZulu-Natal / Mpumalanga
net waar reënval hoog is
plante: bome nie baie hoog – mooi bome, varings en orgideë
diere: mooi voëls
gevaar – bome word uitgeroei vir brandhout, medisyne, boumateriaal
plantasies uitheems; bedreig ons inheemse woude
Aktiwiteit 2
Om 'n debat oor 'n spesifieke onderwerp te voer
[lu 1.2; 1.7]
Voer ‘n debat oor die volgende stelling (verdeel die klas in twee groepe met die een groep teen en die ander groep vir die onderwerp):
“Uitheemse plantasieS moet aangemoedig word, want dit skep werk en kan baie nuttig deur die inwoners van Suid-Afrika gebruik word.”
Oseane
van ons mooiste plante onder die see
weskus – bamboeswoude (woning vir baie visspesies)
ekonomies : weskuswater (natuurlike hulpbron) = baie ryk aan plankton = baie vis = baie vissers
ekonomies : ooskus – koraalriwwe (tuiste vir baie plante en visspesies) / toerisme (duik)
ekonomies : eksotiese kosse soos mossels, perlemoen, kreef groot bron van inkomste
Aktiwiteit 3
Om 'n ondersoek oor 'n onderwerp te doen
[lu 1.1; 1.7]
Ondersoek een metode van visvang en verduidelik dit aan die klas.
Assessering
LU 1
AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEK
Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
bronne met nuttige aardrykskundige inligting kan kies en gebruik;
tussen feite en menings onderskei [werk met bronne];
inligting kategoriseer;
sketskaarte en/of planne na aanleiding van veldwaarnemings en afmetings teken [werk met bronne];
deur projekte, bespreking, debat en diagramme, kennis en begrip van die vraagstuk toon [dra die antwoord oor].