Wanneer ‘n elektriese toestel gebruik word, moet daar ‘n opvoeder in die vertrek wees, of ten minste twee ander leerders. Volg die volgende
prosedure as jy naby is as ‘n leerder ‘n elektriese skok opdoen.
Moenie aan die persoon vat nie.
Stuur iemand om ‘n volwassene te gaan roep.
Skakel die hoofstroomskakelaar af.
Skakel die toestel by die muursok af en trek die muurprop uit.
As dit onmoontlik is, probeer om die persoon weg van die elektriese toestel te kry deur hom met ‘n besem met ‘n houtsteel of met iets wat nie elektrisiteit gelei nie weg te druk.
As jy seker is dat die krag af is, kan jy eerstehulp toepas as jy opgelei is daarvoor.
As jy ‘n ligte elektriese skok opdoen, sal jy lam voel, dus moet jy eers ‘n rukkie ontspan voordat jy weer werk.
L.W.: Kyk mooi na iemand wat ‘n ernstige besering opgedoen het. Hou die persoon warm, laat hom / haar plat lê en ontbied hulp.
Veiligheidsmaatreëls ten opsigte van
Skêre
‘n Skêr moet van goeie gehalte, skerp en in ‘n goeie werkende toestand wees.
Moenie die lemme heeltemal toemaak as ‘n gedeelte langer as die lengte van die lemme geknip word nie.
Draai die karton / papier, en nie die skêr nie, as kurwes geknip word.
ILITEITSMESSE
Gebruik dit slegs onder toesig en saam met ‘n veiligheidsliniaal.
Sny op ‘n geskikte en veilige oppervlak, bv. ‘n snyplank.
Staan as jy moet sny en trek die lem terug as jy dit moet gaan bêre.
Moenie dat die lem te ver voor uitsteek nie.
Jy word slegs toegelaat om die mes in jou hand te hê as jy daarmee gaan werk.
Handbore
Maak seker dat jy weet hoe om spiraalpunte om te ruil en dit teen die regte hoek te hou.
Die materiaal waardeur geboor gaan word, moet deeglik vasgeklamp wees.
Moenie die klembus heeltemal verwyder nie, omdat dit moeilik is om dit weer te installeer.
Dit is beter om ‘n klein spiraalpunt te gebruik as ‘n te groot een as jy nie die spesifieke grootte weet nie.
Terwyl jy boor, moet die handvatsel in ‘n kloksgewyse rigting gedraai word en ook as die punt uit die gat gehaal word.
Voorkom dat die uitgaande gat splinter deur ‘n stuk oorskiethout onder die gat te plaas.
Handbore word vir gate tot 6 mm in deursnee gebruik. Gebruik ‘n boor en omslag vir groter gate.
Moenie dat ‘n handboor op ‘n werksoppervlakte bly lê nie, want dit kan afval en beskadig word.
GOMPISTOLE
Dit kan vir hout, metale en sommige plastiekvoorwerpe gebruik word.
As dit aangeskakel is en nie gebruik word nie, moet dit in ‘n staande posisie geplaas word.
Skakel dit af na gebruik.
Hanteer dit onder toesig.
Oppas vir gom wat mag drup. Bêre eers wanneer die pistool heeltemal afgekoel het.
ALGEMEEN
Wanneer metale en plastiek gesaag word, moet ‘n veiligheidsbril gedra word.
As plastiek gevorm word deur dit te verhit, moet voorsorg met die korrekte temperatuur getref word, omdat sommige plastiek giftige gasse afgee.
Polistireen moet gesny word met ‘n warm draadsnyer wat laag gestel is en wat in ‘n vertrek met goeie ventilasie staan.
Soldeertoestelle
‘n Soldeerbout moet met respek behandel word, want dit gebruik hoofstroomelektrisiteit en kan baie warm word. Gebruik slegs onder volwasse toesig.
Reëls vir gebruik
Skakel dadelik af na gebruik, want dit kan so sy raklewe verleng.
Moenie die koord met die punt van die aangeskakelde toestel aanraak nie. Die omhulsel sal smelt en die geleidingsdraad ontbloot wat ‘n elektriese skok kan veroorsaak.
Gebruik ‘n staander om die soldeerbout in te plaas tydens gebruik, anders kan dit iets aan die brand laat slaan as dit plat lê.
Moenie die dampe van die smeltmiddel inasem nie.
Beskerm die werkoppervlakte met ‘n hardehoutoppervlakte.
Noodhulp vir ander beserings
KLEIN SNYTJIES
Was die sny in koue water om dit skoon te maak en die bloeding te stop. Droog dit met ‘n skoon doek af en plak ‘n pleister oor om dit skoon te hou.
Dieper snye
Druk die wond hard toe met ‘n skoon sakdoek, sneesdoekie of jou ander hand om bloeding te verminder.
Plaas die wond hoër as die res van jou liggaam om die vloei van bloed te verminder.
Roep iemand vir hulp.
Splinters
Steriliseer ‘n tang of ‘n naald in ‘n vlam.
Probeer die hele splinter uithaal.
Maak die wond skoon met ‘n ontsmettingsmiddel en plak ‘n pleister oor.
Tampe en kneusings
Was met koue water om kneusing en uitswelling te voorkom.
‘n Gekneusde vingernael mag swart word. As dit baie seer word, kan ‘n dokter gespreek word.
Bloedblase moet gelaat word om op te droog en nie oopgesteek word nie.
Beplan, tydens ondersoeke, ‘n strategie vir die versameling van data en inligting wat die volgende insluit:
gebruik soektegnieke;
verkry toepaslike data vir spesifieke doeleindes;
maak sinvolle opsommings.
Opdrag 1:
Om ‘n lys van veiligheidsmaatreëls op te stel
LU/AS 1.6.5
Skryf na aanleiding van die sketse ten minste vyf reëls neer ten opsigte van die korrekte kleredragin die Tegnologie-klas.
Opdrag 2:
Om veilige werkspraktyk te beklemtoon
LU/AS 1.11
Verduidelik die reël wat van toepassing is by elk van die volgende sketse:
Opdrag 3:
Om ‘n kort en duidelike stelling m.b.t. veilige hantering van gereedskap te skryf
LU/AS 1.5
Ontwerp ‘n bondige reël met ‘n gepaste lettertipe vir enige gereedskapstuk wat in die klas gebruik word, bv. soldeertoestelle, utiliteitsmesse, gomgewere, bore, sae, ens. Die klem op die lettertipe moet waarskuwend en ter inligting wees en moet ‘n veiligheidsaspek beklemtoon. Helder, opvallende kleure en ‘n duidelike maklik leesbare en simmetriese lettertipe sal die geskikste wees. Die beste voorbeelde sal gelamineer word en in die klas uitgestal word. ‘n Rekenaar of stensils moet in jou finale produk gebruik word.
Assessering
Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
Tegnologiese Prosesse en VaardighedeDie leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
ontwerp :
1.5 ‘n kort en duidelike stelling of ontwerpopdrag skryf of kommunikeer vir die ontwikkeling van ‘n produk of stelsel met betrekking tot ‘n gegewe probleem, behoefte of geleentheid;
1.6 ‘n lys van produk- en ontwerpspesifikasies en –beperkings opstel vir ‘n oplossing vir ‘n gegewe probleem, behoefte of geleentheid.
1.11 veilige werkspraktyk gebruik en toon ‘n bewustheid van doeltreffende maniere om materiaal en gereedskap te gebruik;
Bacteria doesn't produce energy they are dependent upon their substrate in case of lack of nutrients they are able to make spores which helps them to sustain in harsh environments
_Adnan
But not all bacteria make spores, l mean Eukaryotic cells have Mitochondria which acts as powerhouse for them, since bacteria don't have it, what is the substitution for it?
Assimilatory nitrate reduction is a process that occurs in some microorganisms, such as bacteria and archaea, in which nitrate (NO3-) is reduced to nitrite (NO2-), and then further reduced to ammonia (NH3).
Elkana
This process is called assimilatory nitrate reduction because the nitrogen that is produced is incorporated in the cells of microorganisms where it can be used in the synthesis of amino acids and other nitrogen products
There are nothing like emergency disease but there are some common medical emergency which can occur simultaneously like Bleeding,heart attack,Breathing difficulties,severe pain heart stock.Hope you will get my point .Have a nice day ❣️
_Adnan
define infection ,prevention and control
Innocent
I think infection prevention and control is the avoidance of all things we do that gives out break of infections and promotion of health practices that promote life