<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Die viering van spesiale dae speel ‘n belangrike rol in ons godsdiens-beoefening. Dink maar hoe belangrik die viering van jou verjaarsdag elke jaar vir jou en jou ouers is. Hier volg ‘n lys van belangrike feesdae vir vier van die godsdienste wat algemeen in Suid-Afrika voorkom.
CHRISTELIKE FEESDAE
NAAM | GEBEURTENIS | |
1. | Kersfees | Jesus Christus se geboortedag |
2. | Goeie Vrydag | Jesus Christus word gekruisig |
3. | Paasfees | Jesus staan op uit die dood |
4. | Pinkster | Die koms van die Heilige Gees |
MOSLEM FEESDAE
NAAM | GEBEURTENIS | |
1. | Mawlid al Nabi | Mohammed se geboortedag |
2. | Layl’ at al-Qadr | Koran aan Mohammed onthul |
3. | Id al-Fitr | Viering van einde van Ramadan |
4. | Id al-Adha | Einde van pelgrimstog na Mekka |
HINDOE FEESDAE
NAAM | GEBEURTENIS | |
1. | Diwali | Nuwejaarsfees van ligte |
2. | Holi | Lentefees |
3. | Janmasjtami | Geboortedag van Krisjna |
4. | Sjiva Ratri | Belangrikste fees van Sjiwa |
JOODSE FEESDAE
NAAM | GEBEURTENIS | |
1. | Chankoe | Tempelwydingfees |
2. | Pasga | Bevryding van slawerny in Egipte |
3. | Joom Kippoer | Groot versoendag |
Kies ‘n godsdienstige feesdag wat vir jou belangrik is of wat julle in julle gesin vier. Verduidelik of demonstreer aan die res van die leerders wat julle op daardie dag doen. Maak gerus gebruik van ‘n klein toneeltjie om die gebruike te illustreer. Indien jy nie self so ‘n feesdag hou nie, kan jy gaan oplees oor een van die feesdae wat hierbo genoem word.
LU 2
S OSIALE O NTWIKKELING
Die leerder is in staat om begrip van en toewyding aan grondwetlike regte en sosiale verantwoordelikhede,asook begrip vir diverse kulture en gelowe te toon.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 kinders se regte en verantwoordelikhede op ’n verskeidenheid probleemsituasies toepas;
2.2 gevalle van stereotipering, diskriminasie en partydigheid bespreek en ‘n plan voorstel om dit in die plaaslike konteks te hanteer;
2.3 die belangrikheid van maats ten tyde van tragedie en verandering bespreek;
2.4 vroue en mans se bydrae in ’n verskeidenheid kulturele kontekste bespreek;
2.5 feesdae en gebruike in ’n verskeidenheid gelowe in Suid-Afrika bespreek.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 5' conversation and receive update notifications?