<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Gebruik die beskrywende woorde in die kolomme hieronder en gaan as volg te werk: Kies 'n soortnaam uit kolom A, asook 'n "kleurwoord" uit kolom B. Soek nou 'n aksie uit kolom C wat hierby pas en kleur die aksie in met 'n woord uit kolom D.
Voorbeeld : Die rooi maan loer skamerig.
Probeer 'n sekere atmosfeer of stemming oordra. Skryf vyf beskrywende sinne neer. Jy mag nog woorde by die kolomme voeg.
A | B | C | D |
sonsondergang | grys | gloei | aanhoudend |
maan | rooi | waai | skamerig |
son | helder | skitter | helder |
wolke | blink | gly | moeisaam |
wind | brons | loer | eensklaps |
bloeisel | vaal | blink | langsaam |
blare | donker | skyn | gedurig |
gras | glinster | sak | opwindend |
skoenlapper | wasig | wink | dowwerig |
berg | dowwe | styg | skielik |
Die haikoe is 'n Japannese digvorm en bestaan uit drie reëls van sewentien lettergrepe. Die eerste reël het vyf lettergrepe ; die tweede sewe en die derde weer vyf . 'n Haikoe is soos 'n beskrywende "foto" wat 'n gevoel vasvang. Jy kan selfs die lettergrepe in die reëls wissel solank daar net sewentien lettergrepe is. Gebruik nou die sinne wat jy by 7 (a) gemaak het en maak 'n haikoe-gedig daarvan. Visualiseer die “foto” wat jy wil beskryf.
Voorbeeld : Die rooie maantjieloer skamerig tesamemet wolkies daar ver
Woordeskat : Kies 'n gepaste woord uit die onderstaande kolom en voltooi die sinne wat volg. Maak baie seker van die spelling van die nuwe woorde wat jy in die module geleer het.
weerlose, werkgewer, petalje, spesialiseer, geïnspekteer, dubbelkajuit,
individualisties, werknemer, nutsman, gesondheidsinspekteur
van die motorhawe die ____________________ afgedank.
Die hardlopende kinders het hulle uit die brandende huis gehaas terwyl gillende ouers hulle met blydskap ontvang het. Die skitterende optrede van die brandweer was 'n opvallende kenmerk van die dag.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 6' conversation and receive update notifications?