<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
wolf, (wolwe). Enigeen van ‘n aantal vraatsugtige roofdiere van die Hondegeslag (Canis) , wat groot skade onder vee, wild, beeste aanrig, en, in ‘n groep, die mens aanval, veral die soort C. lupus: Deur wolwe verskeur word. Die wolf en die lam wei rustig bymekaar (Ina Rousseau). 2. In sommige dele, benaming vir die hiëna. 3. (fig.) Persoon wat ‘n ander se ondergang bewerk: ‘n Meisie wat onder wolwe verval het. 4. Soort spinmasjien. UITDR.: Met die wolwe in die bos huil , maak soos jou maats maak; saamgaan met die meerderheid. Soos ‘n wolf eet , gulsig eet. ‘n Wolf in skaapsklere, ‘n skurk met ‘n onskuldige voorkoms. Wolf skaapwagter maak , ‘n skurk te veel vertrou.
Wat is idiomatiese uitdrukkings?
Idiome verleen kleur aan ons taalgebruik. In plaas daarvan om te sê dit reën hard , kan ons sê dit reën katte en honde.
Elke volksgroep het ook sy eie, unieke uitdrukkings en maniere van ‘n ding sê.
Bestudeer bostaande inskrywing en beantwoord die vrae:
Skryf vyf idiomatiese uitdrukkings neer:
Skryf die betekenisse van elk van die idiomatiese uitdrukkings neer:
jakkals, (-e) 1. Hondagtige roofdier van die fam. Canidae , met lang bene, dik stert en spits snuit, berug weens die skade wat dit onder kleinvee aanrig. 2. (fig.) Listige, skelm persoon: Hy is ‘n regte, geveinsde jakkals . UIDR.: Dis bo my jakkals , meer as wat ek kan doen of begryp. Jakkals sê die druiwe is suur – gesê van iemand wat minagtend praat oor iets wat buite sy bereik is. Jakkals verloor wel sy hare, maar nie sy streke nie (jakkals verander van hare, maar nie van streke nie) , ‘n mens ontgroei nooit jou ingebore geaardheid nie. ‘n Kaal jakkals , persoon wat niks besit nie. Vir jakkals (wolf) skaapwagter maak , die grootste skelm ‘n verantwoordelike pos gee. Jakkals prys sy eie stert – gesê van (aan) ‘n persoon wat homself prys. Jakkals trou (met wolf se vrou)(wolf en jakkals trou) – gesê as daar tegelyk reën en sonskyn is. Dit is klein jakkalsies wat die wingerde verniel , klein foutjies wat groot moleste veroorsaak. jakkals: …agtig, …jag, …jagter.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 7' conversation and receive update notifications?