<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Aktiwiteit 1:
Om nabetragting te hou oor:SOSIALE DANSE DEUR DIE TYE
[LU 2.7, 2.4]
In hierdie module gaan ons kyk hoe sosiale danse hulle tydsgees weerspieël. Jou opvoeder sal jou lei deur die 50’s, 60’s en 70’s en die dansstyle, musiek en modes vergelyk, asook hoe dit deur die dekades verander het.
Oefening 1: Die 50’s, 60’s en 70’s
Die klas sal in groepe opgedeel word.
Jou groep sal ‘n bepaalde dekade navors.
Vors jou era na en doen ‘n aanbieding van die taak aan die klas.
Jou aanbieding moet ‘n demonstrasie van die dansstyl insluit, soos:
Elke mondelinge aanbieding moet tussen vyf en tien minute duur.
Oefening 2: Klasbespreking
Neem na afloop van die aanbiedings deel aan ‘n klasbespreking oor die verskille en
ooreenkomste van hierdie eras.
Bespreek die invloed van die geskiedenis en wêreldgebeure op die styl van sosiale danse in die 50’s, 60’s en 70’s.
Bespreek die invloed van die musiek op die verskillende dansstyle.
Bespreek die verskillende dansfaktore wat ons kultuur beïnvloed.
Dink na oor hedendaagse style van sosiale dans. Kan julle die toekomstige ontwikkeling van dans voorspel?
N abetragtingsvrae
Dink oor jou navorsingsproses en -aanbieding en beantwoord die volgende vrae:
1. Watter hulpbronne het vir jou die meeste met jou navorsing beteken?
2. Hoe goed het jy en jou groep aan hierdie projek saamgewerk?
3. Was die inligting wat jy gekry het akkuraat en informatief? Waarom? Waarom nie?
4. Het hierdie benadering jou gehelp om ‘n beter begrip van die evolusie van sosiale dans te bekom? Waarom? Waarom nie?
ASSESSERING
Die leerder is in staat om: | 1 | 2 | 3 | 4 |
materiaal en inligting goed te organiseer en al die lede van die groep by die aanbieding te betrek: | was onsuksesvol in sy/haar poging om die taak in groepsverband aan te bied | het ‘n beperkte poging aangewend om die taak in groepsverband aan te bied | het ‘n bevredigende taak aangebied en kon al die lede by die aanbieding betrek | het ‘n suksesvolle, insiggewende taak aangebied |
die aanbieding met vertroue en goeie stemprojeksie tussen 5 – 10 minute te kan aanbied: | kon nie die aanbieding met vertroue aanbied nie en kon nie binne die tydraamwerk werk nie | het ‘n aanbieding met min vertroue gedoen en die tydraamwerk verontagsaam | het ‘n bevredigende aanbieding gedoen en binne die tydsbestek gebly | het die aanbieding met selfvertroue en goeie stem-projeksie gedoen en het binne die tydsbestrek gebly |
aktief aan die groepbespreking deel te neem: | het nie aktief aan die groep-besprekings deelgeneem nie | het ‘n beperkte poging tot deelname aan die groep-besprekings aangewend | het aan die groepbesprekings deelgeneem | het met insig en begrip aktief aan die groep-besprekings deelgeneem |
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 2 |
REFLEKSIEDie leerder kan krities en skeppend op kuns- en kultuurprosesse, -produkte en -style in vergange, asook huidige kontekste reflekteer. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
GESAMENTLIK |
2.3 kan analiseer hoe kulture mekaar affekteer en hoe hulle verandering ondergaan; |
2.4 die rol wat tegnologie in die vorming van prosesse en produkte in drama, dans, musiek en kuns oor die tyd heen gespeel het, kan analiseer; |
2.5 die begrippe mag, kontrole en dominering in massamedia- en volkskultuurverband kan bespreek en vertolk; |
DANS |
2.7 besin en vergelykings tref oor hoe sosiale danse hulle tyd weerspieël; |
DRAMA |
2.8 die positiewe en negatiewe effekte van televisie, radio, dokumentêre programme of rolprente op ons lewens kan analiseer; |
2.9 ‘n resensie oor ‘n plaaslike of ander dramaproduksie kan skryf, met verwysings na konvensies van die opvoer en elemente van drama; |
MUSIEK |
2.10 die wyse waarop musiek in liedjies, rituele, publieke gebeure, rolprente, opera of advertensies gebruik word om reaksies te ontlont, kan analiseer; |
VISUELE KUNSTE |
2.11 die invloede en omstandighede wat die ontwikkeling van ‘n Suid-Afrikaanse, Afrika- of internasionale kunstenaar uit die verlede of hede bepaal, kan ondersoek en verduidelik. |
Notification Switch
Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 9' conversation and receive update notifications?