<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
AKTIWITEIT 1
Om
LU 3.2 | LU 6.3 | |||||||||
1 . Lees die volgende gedig en beantwoord die vrae wat daarop volg.
JIMMY READ
Een windnag het ‘n vissersboot gesink,maar hy het in die branders ingeduik,‘n drenkeling na die reddingsboei gesleepen halfpad na die wit strand self verdrink.
Met elke nag van wind en storm lê‘n nat lyk op die sand van Roggebaai,op plekke deur die krewe weggevreeten in seebamboes en alge vasgedraai.
En hul wat donker nagtemoet beur deur die gemaal en die gewoeldat óns mag leef, word later op ‘n boek se bladsyas ‘n gedig, koud, eensaam, uitgespoel.
Uit: R.K. Belcher: Ver Land . HAUM, Kaapstad. 1961.
1.1 Wat het Jimmy Read gedoen wat veroorsaak het dat hy vir altyd onthou sal word?
1.2 Wat is ‘n drenkeling?
1.3 Waarvoor gebruik ‘n mens ‘n reddingsboei?
1.4 Voltooi die sinne deur die ontbrekende dele van die vetgedrukte woorde in te vul:
1.5 Dink jy daar lê regtig elke stormnag ‘n lyk op die Roggebaaise strand? Sê net JA of NEE.
1.6 Gee ‘n rede vir jou antwoord.
1.7 Probeer om te verduidelik wat die laaste strofe vir jou beteken. Om jou te help: Iemand kan nie letterlik op ‘n boek se bladsy as ‘n gedig uitgespoel word nie. Dis figuurlik bedoel, m.a.w. dis beeldspraak (metafories). Onthou ook dat daar nie net een regte antwoord hoef te wees nie. Dit kan verskillend geïnterpreteer word, maar dit moet ‘n aanvaarbare interpretasie wees.
1.8 Wat is die verskil tussen ‘n visserman (ook: visterman) en ‘n hengelaar? Slaan dit na indien nodig.
‘n Visserman (visterman) is
‘n Hengelaar is
1.9 Dink jy Jimmy was ryk? Gee ‘n rede vir jou antwoord.
1.10 Gee die korrekte vorm van die woord tussen hakies:
LU 3.2 | LU 6.3 | |||||||||
AKTIWITEIT 2
Om
LU 1.3 | LU 1.4 | LU 2.4 | LU 6.3 | |||||||||||||||||||
1 . Jou onderwyser gaan nou uit ‘n berig voorlees wat op 23 Julie 2003 in Die Burger verskyn het. Dit handel oor die regte van Suid-Afrikaanse lynvissers. Baie van hierdie vissers is van visvang afhanklik om aan die lewe te bly. Luister aandagtig en voer dan die opdragte uit wat volg.
1.1 Wat beteken “ beperkte lynvisbronne”? Kies die regte sin en onderstreep dit.
(a) Dit is lynvis waarvan daar min oor is.
(b) Dit is lynvis wat deur buitelandse vissersbote gevang word.
(c) Dit is lynvis waarvan daar ‘n oorvloed is.
1.2 Ongeveer hoeveel vissers was by die vergadering? (Skryf ‘n volsin.)
1.3 Oor watter soort vis was die vissers veral ontevrede? (Gee een woord.)
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 9' conversation and receive update notifications?