<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 7

Fisiese ontwikkeling en beweging

Module 16

Gimnastiese aktiwiteite

Gimnastiese aktiwiteite

[lu 4.2]

  • ‘n Reeks gimnastiese bewegings bied ‘n ideale geleentheid vir individuele assessering.
  • Materiaal: Gimnastiekmatte en enige ander gimnastiekapparaat maak die moontlikhede waaruit leerders kan kies, groter. Leerders spandeer die eerste 15 minute van die lesperiode om hulle reeks uit te werk en in te oefen. Die opvoeder moet raad gee en bystand verleen. Laat ruimte vir persoonlike kreatiwiteit.
  • Elke leerder moet ‘n reeks gimnastiese bewegings voorberei wat die volgende

dek:

  1. Aanvang
  2. Voorarmbalans
  3. Agteroorrol
  4. Die kopstand
  5. Die Arabiersprong
  6. Eie keuse beweging/posisie
  7. Afsluiting

  • Binne hierdie bewegings moet daar gelet word op vormverandering, spoed en rigting. Daar moet ook aandag gegee word aan balans, rotasie en kragoefoefening (elevasie).

Aspekte wat geassesseer kan word, is:

  • akkuraatheid by die uitvoering van die bewegings
  • liggaamshouding
  • vloeiendheid binne die uitvoering van die reeks

Kriteria vir assessering (‘n Punt uit 10):

Een punt word vir elke fout afgetrek:

  1. Voldoen aan die opdrag.
  2. Vloeiendheid.
  3. Posisies moet gehandhaaf word vir ongeveer vier tellings.
  4. Tydsberekening.
  5. Akkuraatheid.

Let Wel: Met die kopstand is die volgende aspekte belangrik:

  • Die posisie word soos die voorarmbalansposisie uitgevoer, met die verskil dat die hande en die kop ‘n driehoek vorm.

Let Wel: Met die agteroorrol is die volgende aspekte belangrik:

  • Begin met ‘n uitgestrekte posisie en buig dan die enkels, knieë en heupe.
  • Gaan sit, buig die arms en plaas die hande agter die kop.
  • Rol agteroor, met die knieë gebuig. Beweeg oor vanaf die skouers na die hande.
  • Druk sterk met die hande om die beweging voort te sit.
  • Eindig in ‘n hurkposisie.

Om te verseker dat die knieë teen mekaar bly, kan ‘n boontjiesakkie tussen

die knieë vasgeknyp word.

Let Wel: Met die Arabiersprong is die volgende aspekte belangrik:

(Onthou, die sprong is basies ‘n wawielbeweging met ‘n kwart draai.)

  • Begin soos vir die wawiel, maar plaas die hande skuins na agter (diagram).
  • Voer die draai deur op die hande, met die bene oop na agter en voor.
  • Steun sterk op die hande en skop afwaarts met die bene bymekaar.

Assessering

LU 4
LIGGAAMLIKE ONTWIKKELING EN BEWEGINGDie leerder is in staat om begrip te toon vir en deel te neem aan aktiwiteite wat beweging en liggaamlike ontwikkeling bevorder.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
4.1 deelneem aan ’n buitelugavontuurprogram deur oriëntering in verskillende omgewings;
4.2 ’n reeks liggaamlike aktiwiteite uitvoer, insluitend draai-, lig- en balanseerbewegings;
4.3 deelneem aan en verslag doen oor ’n fiksheidsprogram;
4.4 ’n speletjie speel en ontwerp wat die begrip van inval insluit;
4.5 regverdige spel ondersoek in ’n verskeidenheid atletiek- en sportaktiwiteite.

Questions & Answers

what is the anterior
Tito Reply
Means front part of the body
Ibrahim
what is anatomy
Ruth Reply
To better understand how the different part of the body works. To understand the physiology of the various structures in the body. To differentiate the systems of the human body .
Roseann Reply
what is hypogelersomia
aliyu Reply
what are the parts of the female reproductive system?
Orji Reply
what is anatomy
Divinefavour Reply
what are the six types of synovial joints and their ligaments
Darlington Reply
draw the six types of synovial joint and their ligaments
Darlington
System of human beings
Katumi Reply
System in humans body
Katumi
Diagram of animals and plants cell
Favour Reply
at what age does development of bone end
Alal Reply
how many bones are in the human upper layers
Daniel Reply
how many bones do we have
Nbeke
bones that form the wrist
Priscilla Reply
yes because it is in the range of neutrophil count
Alexander Reply
because their basic work is to fight against harmful external bodies and they are always present when chematoxin are released in an area in body
Alexander
What is pathology
Samuel Reply
what is pathology
Nbeke
what's pathology
Nbeke
what is anatomy
ESTHER Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 7. OpenStax CNX. Sep 10, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11028/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask