<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Opdrag 1
Stel ‘n begroting saam om jou ouers te oortuig dat hul jou sakgeld moet verhoog en maak ‘n beter voorstel vir ‘n meer aanvaarbare bedrag.
Bedrag | |||
Inkomste - sakgeld | Totale bedrag | ||
Uitgawes | |||
a) | Skryfbehoeftes | ||
i) | |||
ii) | |||
iii) | |||
iv) | |||
b) | Toiletware | ||
ii) | |||
iii) | |||
c) | Geskenke | ||
i) | |||
ii) | |||
iii) | |||
d) | Lekkernye | ||
i) | |||
ii) | |||
Onderstreep Oorskot/Tekort |
[LU 3.4]
Agtergrond |
Indien jou sakgeld nie aangevul word nie, sal jy nie al jou rekeninge kan betaal nie. Jou begroting sal dus OORSKRY wees. Die gevolge daarvan is opeenhoping van skuld. Watter implikasies kan dit tot gevolg hê in die normale besigheidswêreld?
|
Opdrag 2
Indien jou ouers slegs kan bekostig om vir jou R30,00 ‘n maand sakgeld te gee, op watter uitgawes sal jy besnoei sodat jou begroting balanseer? Stel nou ‘n nuwe begroting op deur items weg te laat wat volgens jou nie noodsaaklik is nie.
Agtergrond |
Om jou begroting te laat balanseer, beteken om ‘n bedrag uit te gee wat gelyk is aan of minder is as jou inkomste. |
Bedrag | |||
Inkomste - sakgeld | Totale bedrag | 30,00 | |
Uitgawes | |||
a) | Skryfbehoeftes | ||
i) | |||
ii) | |||
iii) | |||
iv) | |||
b) | Toiletware | ||
ii) | |||
iii) | |||
c) | Geskenke | ||
i) | |||
ii) | |||
iii) | |||
d) | Lekkernye | ||
i) | |||
ii) | |||
Onderstreep Oorskot/Tekort |
[LU 3.4]
(b) Probleem 2: Huishoudelike begroting.
Jou ouers werk vir ‘n inkomste, aangesien hulle ook sekere uitgawes het wat hulle moet betaal. Hierdie uitgawes kan vaste uitgawes (nie veranderlik, elke maand ‘n vaste bedrag) of veranderlike uitgawes (neem toe na aanleiding van hoeveelheid gebruik) wees.
Opdrag 3
Groepeer die onderstaande uitgawes onder die toepaslike kolom: huispaaiement, telefoonhuur, waterrekening, huishulp se loon, elektrisiteitsrekening, klererekening wat jy afbetaal, tuinwerker se loon, kontant vir kruideniersware, sakgeld, ontspanningsuitgawes, brandstofverbruik.
Vaste uitgawes | Veranderlike uitgawes |
Probleem: Mag jy werk vir sakgeld?
Opdrag 4
Lees die onderstaande koerantartikel deur wat in Rapport van 10 Februarie 2002 verskyn het.
Sy kan nie meer smiddae na skool met haar maats touspring nie. Van landloop, die sport waarin sy voorheen uitgeblink het, moes sy ook afskeid neem. Maar Waronice van Wyk (13) is nie meer kwaad nie, net gefrustreerd dat sy nou elke naweek by die huis alleen moet speel.
“Soms vergeet ek my been is af, want ek is al gewoond aan die kunsbeen,” sê sy.
En die kanse dat sy jou sal toelaat om haar kunsbeen te sien, is nul, want Waronice dra altyd langbroek “sodat mense nie kan sien hoe my been lyk nie.”
Die been waarvan sy praat, is haar regterbeen wat net onderkant die knie afgesit is. Sy het dit op 20 Desember 1999 in ‘n ongeluk verloor, toe sy as elfjarige op ‘n plaas buite Ceres in die Boland gewerk het.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 5' conversation and receive update notifications?