<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
1. WAARVANDAAN KOM AL DIE MENSE WAT IN SUID-AFRIKA WOON?
Gedurende die Ystertydperk, ongeveer 2 000 jaar gelede, het die swart mense hulle ook in Afrika kom vestig. In 1652 het Jan van Riebeeck die eerste wit nedersetting gevestig. Daarna het immigrante van Frankryk, Duitsland en Engeland hulle hier kom vestig.
Gedurende die 17de en 18de eeu het Khoina-groepe, en later ook Griekwas, na die binneland geëmigreer, weg van die toenemende getal wit mense wat hulle op die beskikbare grond kom vestig het. Van die grootste migrasies was egter die MFECANE en die GROOT TREK (Module 2). Hierdie migrasies het belangrike gevolge gehad.
WAT WAS DIE MFECANE?
Tussen ongeveer 1815 en 1830 het verskillende swart groepe met mekaar gebots. Dit het ‘n kettingreaksie tot gevolg gehad en het tot verdere botsings en oorloë gelei. Groot getalle veetroppe en graanvoorrade is vernietig – met gepaardgaande swaarkry en lyding. Oral was daar ruïnes. Duisende haweloses het in alle rigtings gevlug. Dié wat in die bosse en berge geskuil het, het geleef soos jagter-versamelaars. Baie het van honger gesterf, of is deur wilde diere doodgemaak. Hierdie oorloë van verwoesting het dwarsoor Suidelike-Afrika plaasgevind, van die Kaapse Oosgrens in die suide, tot by die Victoria-meer (in Tanzanië) in die noorde.
2. BRONNE OOR DIE MFECANE
Vir historici wat altyd op soek is na die waarheid, sal die Mfecane ‘n onvolledige raaisel bly omdat te veel misverstande en te min inligting bestaan. Daar is twee besondere redes hiervoor:
Die geskrewe bronne wat bestaan, is meestal deur wit reisigers, sendelinge en amptenare geskryf. Ongelukkig was hierdie persone nie altyd goed ingelig oor presies wat gebeur het nie, ook omdat die gebeure oor ‘n wydverspreide gebied plaasgevind het. Gevolglik was die bronne nie altyd betroubaar nie.
BRON A
BRON B
Mondelinge bronne oor die Mfecane was nie so betroubaar soos geskrewe en visuele bronne nie.
a) Watter misverstand kom voor in Bron B?
b) Watter probleem kan daardeur geskep word?
c) Dink julle dat sodanige misverstande vermy kan word? Hoe?
d) Waarom is mondelinge bronne nie altyd betroubaar nie? Bron A.
e) Watter ooreenkoms is daar tussen die bronne?
f) Teken twee voorbeelde van misverstande wat in ons land voorkom. Skryf gepaste opskrifte vir jul sketse.
Assesseringstandaarde(ASe) |
LEERUITKOMS 1: HISTORIESE ONDERSOEK – Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om die verlede en die hede te ondersoek |
1.1 Bekom die bronne |
1.2 Gebruik die bronne |
1.3 Kommunikeer inligting uit bronne (verslaggewing) |
LEERUITKOMS 2: HISTORIESE BEGRIP (TYD) – Die leerder is in staat om geskiedkundige kennis en begrip te toon |
2.1 Verstaan kronologie en tyd |
2.2 Verskaf redes waarom ‘n historiese gebeurtenis plaasgevind het (oorsake,gevolge) |
2.3 Onderskei tussen verskillende tydperke (ooreenkomste, verskille) |
Aktiwiteit 1
Notification Switch
Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 7' conversation and receive update notifications?