<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Hier is ‘n klompie geslote plat figure; kleur hulle in, en skryf die naam van elk op die vorm.
B. Ondersoek
Kies vier veelhoeke uit die boonste oefening; almal reëlmatig, maar met verskillende aantal sye. Meet nou die binnehoeke van elk. Probeer uitvind of daar dalk ‘n formule bepaal kan word wat kan voorspel hoe groot die hoeke is, en wat die som van die hoeke sal wees.
Die volgende tabel sal help. Soos jy kan aflei, is daar oneindig veel poligone.
Aantal sye | a = binnehoek-grootte | b = 360 – a | c = b – 180 | Totaal van a | Totaal van c |
Drie | 3×a = | 3×c = | |||
Vier | 4×a = | 4×c = | |||
Vyf | 5×a = | 5×c = | |||
Ses | 6×a = | 6×c = | |||
Sewe | 7×a = | 7×c = | |||
Twaalf | 12×a = | 12×c = |
C. Driedimensionele geslote figure .
D. Projek
Vors die vyf Platoniese ruimtefigure na om hulle name en eienskappe op te spoor, asook ander interessante feite en verhale oor hulle. Maak ‘n aantreklike plakkaat of modelle van die figure wat die feite van elk aantoon. Hieronder is diagramme van die figure.
LU 3 |
Ruimte en Vorm (Meetkunde)Die leerder is in staat om eienskappe van en verwantskappe tussen tweedimensionele vorms en driedimensionele voorwerpe in ‘n verskeidenheid oriëntasies en posisies te beskryf en voor te stel. |
Ons weet dit as die leerder: |
3.1 meetkundige figure en driedimensionele voorwerpe in natuurlike en kulturele vorms en meetkundige agtergrond herken, visualiseer en benoem, insluitend: |
3.1.1 reëlmatige en onreëlmatige veelhoeke en veelvlakke; |
3.1.2 sfere; |
3.1.3 silinders; |
3.2 die onderlinge verwantskappe van meetkundige figure en driedimensionele voorwerpe se eienskappe met bewyse in kontekste, insluitend dié wat gebruik kan word om ‘n bewustheid van sosiale, kulturele en omgewingsake te bevorder beskryf, insluitend:3.2.1 kongruensie en reguitlynmeetkunde; |
3.3 die meetkunde van reguitlyne en driehoeke gebruik om probleme op te los en verwantskappe in meetkundige figure te bewys; |
3.4 meetkundige figure teken en/of konstrueer en modelle maak van driedimensionele voorwerpe om die eienskappe daarvan en van modelsituasies in die omgewing te ondersoek en vergelyk; |
3.5 transformasies, kongruensie en gelykvormigheid gebruik om die eienskappe van meetkundige figure en driedimensionele voorwerpe te ondersoek (alleen en/of as ‘n lid van ‘n span of groep), insluitend toetse vir die gelykvormigheid en kongruensie van driehoeke. |
Bespreking
Oefening: Oplossings:
Reghoekige prisma: TBO = 412 cm 2 Vol = 480 cm 3
Driehoekige prisma: TBO = 307,71 cm 2 Vol = 360 cm 3
Silinder: TBO = 402,12 cm 2 Vol = 603,19 cm 3
Ouma se Konfyt: Kastrol: Vol = 8 595,40 cm 2
11 Vierkantige bottels: Vol = 8 096 cm 2
11 Reghoekige bottels: Vol =8 633,63 cm 2
As ouma al die konfyt wil inkry moet sy die reghoekige botteltjies gebruik!
3 = driehoek; 4 = vierhoek; 5 = vyfhoek; 6 = seshoek; 7 = sewehoek; 8 = agthoek; * = nie veelhoek
Aantal sye | a = binnehoekgrootte | b = 360° – a | c = b – 180° | Totaal van a | Totaal van c |
Drie | 60° | 300° | 120° | 3× a = 180° | 3× c = 360° |
Vier | 90° | 270° | 90° | 4× a = 360° | 4× c = 360° |
Vyf | 108° | 252° | 72° | 5× a = 540° | 5× c = 360° |
Ses | 120° | 240° | 60° | 6× a = 720° | 6× c = 360° |
Sewe | 308,57° | 51,43° | –128,57° | 7× a = 2160° | 7× c = –360° |
Twaalf | 330° | 30° | –150° | 12× a = 3960° | 12× c = –360° |
Die
TOETS 1
1. Verduidelik hoe om ‘n regte prisma te herken.
2. Verduidelik hoe om die basis van ‘n regte prisma te bepaal.
3. Bereken die totale buiteoppervlakte en volume van elk van die volgende drie prismas. Gee jou antwoord akkuraat tot twee desimale plekke.
Memorandum
1. Belangrike punte in verduideliking: driedimensioneel; bokant en onderkant kongruente plat- vlakke; sye reghoekig tot basis.
2. Enige redelike verduideliking, bv. as die gekose basis onder is, pas dit die beskrywing van ‘n regte prisma.
3. Reghoekige regte prisma: TBO = 1 939,68 cm 2 Volume = 5 769,72 cm 3
Driehoekige regte prisma: TBO = 1 507,74 mm 2 Volume = 2 312 mm 3
Silinder: TBO = 8 022,37 m 2 Volume = 41 593,67 m 3
Notification Switch
Would you like to follow the 'Wiskunde graad 9' conversation and receive update notifications?