<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
g) Hoekom dink jy het die digter besluit om “lang e nagte” te sê in plaas van lang nagte?
h) Hier kom ’n moeilike vraag: Kan jy aan ’n rede dink waarom daar in hierdie gedig van ’n boot as “hy” gepraat word, en nie as “sy” nie? Dis tog gebruiklik om bote en skepe die vroulike vorm te gee. (Miskien kan die volgende woorde as leidraad dien: Die boot is rusteloos , hy verken die ver velde, hy breek sy toue, hy vaar die oop see in, hy bly vir goed weg . Met ander woorde, die boot reageer nie soos ’n dooie objek nie, maar asof hy ’n lewe of ’n wil van sy eie het …) Lewer kommentaar oor hierdie aspek van die gedig as jy kan.
LU 3.2 |
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 1 LUISTER |
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ’n wye verskeidenheid situasies te reageer. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
1.1 stories verstaan en waardeer, asook dié wat deur medeleerders vertel word; |
1.2 mondelinge tekste verstaan. |
LU 2 PRAAT |
Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ’n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer. |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
2.1 vertaal en tolk; |
2.2 interaksie in addisionele taal voer; |
2.5 ’n onderhoud voer. |
LU 3 LEES EN KYK |
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
3.1 fiksie en nie-fiksie verhale lees; |
3.2 sommige elemente van die poësie verstaan; |
3.4 vir inligting lees; |
3.7 vir genot lees; |
3.8 begrip van die gebruik van naslaanwerke toon. |
LU 6 Taalstruktuur en –gebruik |
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer. |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
6.1 bekende woorde korrek spel; |
6.2 eenvoudige taalvorme en sinstrukture gebruik om mondelings en skriftelik te kommunikeer; |
6.3 taalverskynsels hanteer soos |
6.3.2 soorte sinne;6.3.3 enkelvoudige sinne;6.3.6 die ontkennende vorm; |
6.4 woordeskat uitbrei; |
6.5 begrip van 5 000 tot 7 500 alledaagse woorde binne konteks teen die einde van graad 8 demonstreer. |
AKTIWITEIT 1
1. (a) Dit is toeriste wat van ander lande kom (van buite die land waar hulle tans besoek aflê).
(b) Dit word so genoem omdat dit die oudste stad in die land is.
(c) Hulle wou die seeroete na Indië vind.
(d) Dias het eerste om die Kaap geseil.
(e) Hy was oorstelp deur die skoonheid daarvan; hy het dit bewonder.
(f) Hy het nie daarvan gehou nie (was bang), maar hy was ook hoopvol.
(g) Wanneer dit met ‘n kleinletter geskryf word, verwys dit bloot na storms in die algemeen, maar dit word met ‘n hoofletter geskryf as dit deel van ‘n naam is.
(h) In moeë wys die deelteken op die tweede e dat dit die begin van ‘n nuwe lettergreep is: moe/ë ; in droë is daar net een e omdat dit nie droe (uitspraak) is nie, maar dro (soos in droog). Die lettergrepe is dro/ë .
(i) Ek sou dit so afkap: ske / pe.
AKTIWITEIT 2
Die aktiwiteite moet sinvol wees en daarom moet die opvoeder leiding gee. Vrae moet relevant wees (leerders moet aangemoedig word om ‘n bietjie navorsing te doen oor omstandighede in daardie tyd) en die opvoeder moet toesien dat toon, register en liggaamstaal aanpas by die geleentheid. Hulp kan ook vooraf gegee word met formulering van vrae.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 8' conversation and receive update notifications?