<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Meetkunde van lyne en driehoeke
Aktiwiteit 1
Om die gebruiklike benoeming van sye en hoeke in driehoeke te leer
Verwys na die driehoek om die terme te verstaan.Die drie sye van die driehoek is AB, AD en BD.‘n Sy in ‘n driehoek kan ook die naam van die oorstaande hoek as ‘n kleinletter kry. Die hoeke (vertekse) word met hoofletters geskryf. As A of gebruik word, verwys dit na die hoek wat sye BA en AD vorm. Ons kan die hoek ook BAD of noem. En as ek A=38° gebruik, is dit duidelik wat ek bedoel. Ons benoem die driehoek ABD of ΔABD, met die letters in alfabetiese orde. |
Oefening:
Teken die volgende tekening in die spasie
regs, om te wys dat jy begryp hoe die beskrywings
gebruik word:
Teken ΔQRT met q=4cm, T=65° en QT=5,5cm.
Sien jy dat dit nie nodig is om die lengte van t,
of die groottes van of te weet nie? Maak eers
‘n rowwe skets om jou te help om jou werk te
beplan.
Opdrag:
Jy weet alreeds dat driehoeke volgens hulle vorm geklassifiseer word. Maak ‘n A4–grootte plakkaat vir jouself waarop die eienskappe van die volgende soorte driehoeke duidelik aangetoon word: gelyksydig, reghoekig, gelykbenig en ongelyksydig. Benoem die hoeke en sye soos hierbo verduidelik. Werk so noukeurig en netjies as moontlik.
Meet die sye en hoeke van jou driehoeke en vul dit in op die plakkaat.
Aktiwiteit 2
Om die beginsel van kongruensie in driehoeke te ondersoek
[LU 4.4, 3.3, 3.5]
In die vorige oefening het jy ΔQTR volgens gegewe spesifikasies geteken. Vra die ander leerders wat hierdie oefening gedoen het om jou hulle sketse te wys, en bevestig dat hulle mates perfek ooreenstem met dié wat gegee is. Meet nou die sy en twee hoeke wat nie gegee is nie om te sien of hulle met joune ooreenstem.
ΔQRT: Twee sye en die hoek tussen hulle is gegee.
ΔAGE: ‘n Regte hoek, die skuinssy en nog ‘n sy is gegee.
ΔNOH: Een sy en twee hoeke is gegee.
ΔAMP: Drie sye is gegee.
ΔBAT: Drie hoeke is gegee, maar daar is niks gesê van die driehoek se grootte nie!
Notification Switch
Would you like to follow the 'Wiskunde graad 9' conversation and receive update notifications?