<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Metode: Berekening van die persentiele
Ons kan 'n datastel opsom deur die vyfgetalopsomming te gebruik. Hierdie opsomming gee die laagste datawaarde, die hoogste datawaarde, die mediaan, die eerste (laagste) kwartiel en die derde (hoogste) kwartiel. Beskou die volgende stel data:5, 3, 4, 6, 2, 8, 5, 4, 6, 7, 3, 6, 9, 4, 5. Ons orden die data as volg: 2, 3, 3, 4, 4, 4, 5, 5, 5, 6, 6, 6, 7, 8, 9. Die laagste datawaarde is 2, die hoogste datawaarde is 9, die mediaan is 5, die eerste kwartiel is 4 en die derde kwartiel is 6. So, die vyfgetalopsomming is: 2, 4, 5, 6, 9.
Die vyfgetalopsomming kan grafies voorgestel word met 'n houer-en-punt-stipping (box and whisker plot). Die hoofeienskappe van 'n houerstipping word gegee in [link] . Die 'houer' kan horisontaal of vertikaal geplaas word. Vir 'n horisontale diagram is die linkerkant van die houer ('box') by die eerste kwartiel en die regterkant van die houer by die derde kwartiel. Die hoogte van die houer is arbitrêr want daar is geen y-as nie. Binne-in die houer word 'n maatstaf van sentrale neiging aangedui deurdat die mediaan gemerk word met 'n vertikale lyn wat die houer in twee dele opdeel. Die gemiddelde word aangedui met 'n ster of asterisk wat in die houer geplaas is, gesentreer in die vertikale rigting. Lyne vanaf die kante van die houer strek na links tot by die mimimumwaarde en na regs tot by die maksimumwaarde. Dit word getoon vir die datastel 5, 3, 4, 6, 2, 8, 5, 4, 6, 7, 3, 6, 9, 4, 5.
Trek 'n houerstipping vir die datastel: .
Ons kan die konsepte van gemiddelde, mediaan en modus toepas op gegroepeerde data. Gegroepeerde data het nie individuele datapunte nie, maar die data is georganiseer in groepe of klasse. Om die gemiddelde te bereken moet ons al die frekwensies optel en verdeel deur die totaal. Ons weet nie wat die werklike datawaardes is nie, maar ons kry die benaderde waarde deur die middelpunte van elke groep te gebruik. Ons vermenigvuldig dan die middelpuntwaardes met die frekwensie. Ons tel hierdie getalle bymekaar om die benaderde totaal van die datawaardes te kry. Die modale groep/klas is die groep/klas met die hoogste frekwensie. Die mediaangroep is die groep wat die middelwaardes bevat.
Maatstawe van verspreiding kan ook gevind word vir gegroepeerde data. Die variasiewydte word verkry deur die kleinste getal in die laagste klas af te trek van die grootste getal in die hoogste klas. Die kwartiele word op dieselfde wyse bereken as die mediaan.
Beskou die volgende groepeerde data en bereken die gemiddeld, die modale klas en die mediaanklas.
Massa (kg) | Frekwensie |
41 - 45 | 7 |
46 - 50 | 10 |
51 - 55 | 15 |
56 - 60 | 12 |
61 - 65 | 6 |
Totaal = 50 |
Om die gemiddelde waarde te bereken, moet ons al die massas optel en deur 50 deel. Ons weet nie wat die werklike massas is nie, dus neem ons die benaderde getal deur die middelpunt van elke klas te kies. Ons vermenigvuldig daardie middelpuntwaarde met die frekwensie. Gevolglik tel ons daardie waardes op om die benaderde totaal van die massas te kry. Dit word getoon in die tabel hieronder.
Massa (kg) | Middelpunt | Frekwensie | Midpt Frek |
41 - 45 | (41+45)/2 = 43 | 7 | 43 7 = 301 |
46 - 50 | 48 | 10 | 480 |
51 - 55 | 53 | 15 | 795 |
56 - 60 | 58 | 12 | 696 |
61 - 65 | 63 | 6 | 378 |
Totaal = 50 | Totaal = 2650 |
Die gemiddeld = .
Die modale klas is die klas 51 - 53 want dit het die hoogste frekwensie.
Die mediaangroep is die groep 51 - 53, want die 25ste en 26ste terme val in hierdie groep.
In elke datastel, vind die gemiddeld, die modalde klas en die mediaanklas.
Tyd in sekondes | Frekwensie |
36 - 45 | 5 |
46 - 55 | 11 |
56 - 65 | 15 |
66 - 75 | 26 |
76 - 85 | 19 |
86 - 95 | 13 |
96 - 105 | 6 |
Massa in kilogram | Frekwensie |
41 - 45 | 3 |
46 - 50 | 5 |
51 - 55 | 8 |
56 - 60 | 12 |
61 - 65 | 14 |
66 - 70 | 9 |
71 - 75 | 7 |
76 - 80 | 2 |
Notification Switch
Would you like to follow the 'Siyavula textbooks: wiskunde (graad 10) [caps]' conversation and receive update notifications?