<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Hulle moet inligting kry. Dit kom van weersatelliete, weerballonne en aardstasies. Metsat is die naam van so ‘n weersatelliet wat om die aarde wentel.
Daar is natuurlik ‘n kamera in die Metsat wat foto’s neem van die aarde wat die wolke wys en sneeu en storms wat aan die kom is, aantoon. Dit kan ook warm of koue plekke op die aarde aandui.
Inligting word versamel van die temperatuur, humiditeit (dit is die vog in die lug), windspoed- en rigting, wolktipes, lugdruk en reënval. Al hierdie inligting gaan nou na die weerstasie toe waar mense die inligting in ‘n rekenaar invoer om te verwerk.
Nou word ‘n weerkaart geteken wat ons op televisie en in die media sien.
Wie van julle wil probeer om ‘n weervoorspelling oor vandag se weer aan die klas te gee net soos op televisie gedoen word?
Probeer om elke dag ‘n kaart uit die koerant te knip en te bestudeer. Kyk mooi na die sleutel wat die verskillende soorte weer op die kaart aandui.
Hieronder is vir jou ‘n voorbeeld:
Bestudeer die sleutel en skryf die korrekte benamings vir die tekens neer:
______________________________________________________
_______________________________________________
_______________________________________________
_______________________________________________
_______________________________________________
_______________________________________________
_______________________________________________
________________________________________________
__________________________________________________
________________________________________________
Teken ‘n prentjie van jou gunsteling weer.
SON
REëN
BEWOLK
Hou nou jou eie weerkaart vir een week. Teken ‘n sonnetjie, reën of wolkie in die tweede kolom van jou tabel van vier kolomme en vul daarnaas die windspoed en temperatuur van elke dag ook in.
Kolom 1: Dag
Kolom 2: Weer
Kolom 3: Windspoed
Kolom 4: Temperatuur
LEERUITKOMS 1: WETENSKAPLIKE ONDERSOEK
Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.
Dis duidelik wanneer die leerder
1.1 ondersoek beplan;
1.2 ondersoek uitvoer en data versamel;
1.3 data evalueer en bevindinge kommunikeer.
LEERUITKOMS 2: KONSTRUKSIE VAN WETENSKAPKENNIS Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.
Dis duidelik wanneer die leerder
2.1 betekenisvolle inligting onthou.
LEERUITKOMS 3: WETENSKAP, DIE SAMELEWING EN DIE OMGEWING Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon.
Dis duidelik wanneer die leerder
3.1 wetenskap en tegnologie in die konteks van geskiedenis en inheemse kennis verstaan.
Mnr. Breinsel:
Bestudeer die sleutel en skryf die korrekte benamings neer: sien sleutel op kaart.
Mnr. Breinsel:
Hoogdruk: wanneer daar ‘n hoogdrukstelsel oor die land beweeg, beteken dit gewoonlik dat dit ‘n mooi dag gaan wees. Koue lug beweeg uit- en afwaarts en word warmer.
Laagdruk: ‘n laagdrukstelsel bring gewoonlik reën en bewolkte toestande. Koue lug beweeg in- en opwaarts en word koud.
Front: ons sien dikwels ‘n front na die land beweeg. Dit is maar net die rigting waarin warm of koue lug beweeg.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 4' conversation and receive update notifications?