<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Soos jy sal agterkom, word dieselfde insident verskillend deur twee verskillende persone beskryf. Hoekom? Verskaf redes vir jou antwoord.
Die voorafgaande gedeelte is reeds aan jou voorgelees en jy het die verskil in siening van mev. Haussmann en Spiky vir ons aangetoon. Lees nou weer die gedeelte aandagtig deur.
Wat het al die vetgedrukte woorde in gemeen?
Ja, dis korrek. Al die vetgedrukte woorde is die name van mense , diere of dinge . Hulle word selfstandige naamwoorde genoem.
(b) Bull het 'n stofwolk gemaak soos 'n trop skape wat deur die Karoo storm. Versamelname beskryf groepe dinge. Voltooi nou die onderstaande beskrywing deur dit van die korrekte versamelname te voorsien:
Spiky en sy meisie is deur 'n ______________ rowers oorval.
Liz is van haar _______________ pêrels beroof wat Spiky vir haar
met haar verjaarsdag gegee het. Spiky en Liz was saam met 'n
_______________toneelspelers op pad na die teater.
Jy sal oplet dat al die byvoeglike naamwoorde voor die selfstandige naamwoorde in die laaste paragraaf staan.
Volgens mev. Haussmann loop al die onskuldige kinders onder Spiky deur. Ons kan ook bostaande soos volg sê: Al die kinders wat onskuldig is, loop onder Spiky deur. Die woord onskuldig staan nou na die selfstandige naamwoord kinders . Die byvoeglike naamwoord onskuldige het nou na onskuldig verander.
Verskaf nou die byvoeglike naamwoorde tussen hakies in die onderstaande gedeelte na hulle regte vorm . Soms sal dit nie nodig wees om die byvoeglike naamwoord te verbuig nie. Let op hoe die byvoeglike naamwoorde help om atmosfeer te skep. Skryf slegs die korrekte byvoeglike naamwoord en die meegaande selfstandige naamwoord neer.
Stadig stap ek in die (kronkel) voetpaadjie af. Dis met mos begroei. Die deurknop is (koud) toe ek dit met my (sweet) hand oopdraai en die (kraak) voordeur oopstoot. Dis stil. Die (klam) lug en (muf) reuk van 'n huis wat lank toegestaan het, spoel teen my voorkop. Die plankvloer is (glad) onder my (beef) voete. Ek skakel die lig aan. Die kat...
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 1 |
LUISTER Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
1.3 identifiseer en bespreek kernkenmerke soos konteks, die spreker se liggaamstaal, inhoud, register en woordkeuses: |
1.3.3 bespreek hoe hierdie kenmerke sowel die spreker as die luisteraar posisioneer (soos t.o.v. gesag en mag, houding teenoor karakters); |
1.5 luister vir inligting in ‘n verskeidenheid mondelinge tekste (debatte, verduidelikings, verslae, televisiedokumentêre), som hoofgedagtes op en neem kennis van spesifieke besonderhede. |
LU 2 |
PRAAT Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer. |
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
2.1 dra ervaringe, idees en inligting in verskillende kontekste vir verskillende teikengroepe en doeleindes oor: |
2.1.1 gebruik taal vir interpersoonlike kommunikasie wat dieper persoonlike gevoelens en besinning openbaar (bv. gesels oor gevoelens en aspirasies); |
2.4 gebruik gepaste taal vir verskillende doeleindes en teinkengroepe: |
2.4.1 gebruik die gepaste register in onbekende en meer uitdagende situasies en toon bewustheid van verskillende teikengroepe; |
2.4.2 manipuleer taal vir verskillende doeleindes, soos om te oorreed, te argumenteer, te inspireer en met iemand te identifiseer. |
LU 3 |
LEES EN KYK Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer. |
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
3.1 lees ‘n verskeidenheid fiksie en nie-fiksietekste vir verskillende doeleindes: |
3.1.2 gebruik gepaste lees- en begripstrategieë (vluglees en soeklees, voorspellings, kontekstuele leidrade, afleidings, die nagaan van begrip, ens.) |
3.2 kyk na en bespreek verskeie visuele en multi-media-tekste (soos foto’s ): |
3.2.1 interpreteer en bespreek die boodskap |
3.6 herken en verduidelik die verskillende strukture, taalgebruik, doel en teikengroep van verskillende soorte tekste: |
3.6.1 identifiseer en evalueer die soort en gepastheid van ‘n teks se taal en register vir die bedoelde teikengroep. |
LU 5 |
DINK EN REDENEER Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik. |
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
5.4 gebruik taal om skeppend te dink: |
5.4.1 beskryf wat hy/sy visualiseer nadat ‘n teks gelees of gehoor is; |
5.4.2 dink aan en beskryf die resultaat of slot wat hy/sy sou verkies. |
LU 6 |
TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer. |
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
6.1 werk met woorde: |
6.1.3 spel ook minder algemene woorde korrek en herken uitsonderings in spelpatrone; |
6.1.6 gaan spelling en betekenis in ‘n woordeboek of tesourus na, |
6.1.8 ontwikkel woordeskat deur woordvorming, deur woordfamilies en woorde uit dieselfde veld te herken en deur betekenis uit die konteks af te lei, |
6.1.11 verstaan en gebruik gepaste sinonieme, antonieme, homonieme en homofone; |
6.2 werk met sinne: |
6.2.10 verstaan die funksie en gebruik van selfstandige naamwoorde, asook getal, geslag en verkleinwoorde; |
6.2.12 verstaan die funksie en gebruik van adjektiewe: verbuiging. |
Aktiwiteit 1
Ontbrekende voorwerpe | Beskrywende woorde |
duikpak | nousluitende, veelkleurige, ens. |
duikbril | duursame, ingevoerde, ens. |
sonbril | donkerkleurige, ens. |
verkyker | sterk, duur, ens. |
sandale of plakkies | plastiek, gemaklike, ens. |
Aktiwiteit 2 Rolspel
Aktiwiteit 3
Aktiwiteit 4
Aktiwiteit 5 Rolspel
Aktiwiteit 6 Eie slot (dialoog)
skaars volop
werknemers werkgewers
warm koud
ontspan inspan
hoog laag
aanvallig onaantreklik, lelik
reguit skeef, krom
rustige woelige, besige
beste swakste
teleurgestelde opgewonde
Aktiwiteit 7
Beide Spiky en mev. Haussmann is nie objektief nie. Bull is mev. Haussmann se hond en sy sien die insident subjektief. Sy sien net die goeie in Bull raak. Spiky hou heel waarskynlik nie van honde nie en sien net die negatiewe in Bull raak. Hy noem Bull se slagtande en sy kwylende bek.
Aktiwiteit 8
(a) Bull, Levis, Spiky, Liz, Karoo
(b) Bende, string of snoer, geselskap
Aktiwiteit 9
kronkelende voetpaadjie
deurknop is koud
swetende hand
krakende
klam lug
muwwe reuk
plankvloer is glad
bewende voete
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 6' conversation and receive update notifications?