<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
speek , (w), ge- , Van speke voorsien, speke insit.
speek’been , …bene . Buitenste been van die arm.
speek’beenslagaar, .. are . Voorarmbeenslagaar.
speek’beentjies . 1. Lang, maer beentjies. 2. Persoon met lang, maer bene.
Hoekom is die vroulike karakter in die gedig se naam Spekie?
Kom ons hou konsert. Almal gaan ‘n beurt kry.
Die klas verdeel in groepe van drie en elke groep kry geleentheid om die gedig voor te dra.
Leerder 1 is die verteller .
Leerder 2 is Joris .
Leerder 3 is Spekie .
‘n Prys vir die groep wat die dawerendste applous ontvang!
Dopper Joris en Sy Seiltjie
Verteller : Onder ‘n boompie by die watersloot
Sit Spekie met haar Joris en vry:
Hy praat van koperledekante
En ‘n skimmelhings wat sy sal ry.
Spekie : Hy sê dat sy oorlede paatjie
Hom duisend hamels en ‘n ram
‘n opregte Franse ram – gegee het,
En ‘n woonhuis by die middeldam.
‘n Wa en span met soetveld-osse
‘n Spikkelspan.
Joris : En hulle trek tog, reg!
En hul bulk, ja, nes die ware duiwel,
Nes die wind trek hulle van die staanplek weg!
En twee sterk koperhoepel-emmers
Het oorlede paatjie ook gegee,
En ‘n ring wat maatjie opgetel het
Toe paatjie siek was by die see.
Spekie : En ‘n borsspeld vol met rooi klippies,
Joris : En ‘n perdesweep met ‘n koperknop,
Spekie : En ‘n teepot met drie silwer voetjies,
En die deksel het ‘n duif daarop.
Joris : En ‘n klok en dertien riempiestoele,
‘n Bulsak en ‘n ledekant,
Spekie : Twee ingelegde geelhouttafels,
En ‘n prentjie met die plae van Egipteland.
Verteller : En ook nog ‘n spul met romlary,
‘n Kar op vere en ‘n fariseen,
En ‘n Bybel wat maatjie eens gekoop het
Van die smous Aaron Oepl Behn.
Joris : Maar, tog makeer ek nog een ding;
Dit maak my, Spekie, siek van smart:
My wa is sonder buiteseiltjie!
Wil jy my seiltjie wees, my hart?
Teen hierdie tyd is almal vertroud met die inhoud van die gedig.
Hier volg ‘n paar opdragte. Kies een en voer dit uit.
Jy is òf Joris òf Spekie.
Dopper Joris is ‘n tipiese voorbeeld van ‘n volksgedig .
Wat is ‘n Volksgedig?
Uit: Gids by D.J. Opperman se Senior Verseboek , T.T. Cloete, Tafelberg 1981
Wanneer ons die gedig lees, lyk dit of die digter oor die vryer of vir of namens die vryer praat, want hy praat in die derdepersoonsvorm, maar die toonaard of spreekstem is dié van die vryer self.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 7' conversation and receive update notifications?