<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Watter afleidings sal skoenhandelaars (entrepreneurs) wat nie kennis dra van die wet nie, maak as hulle die nuwe skoenpryse by die fabrieke sien?
≤ Verbruikers wil meer skoene hê.
≤ Verbruikers wil minder skoene hê.
Watter van die volgende stellings sal waar wees, indien die wet in werking tree?
≤ Meer entrepreneurs sal die skoenbedryf betree.
≤ Minder entrepreneurs sal die skoenbedryf betree.
≤ Daar sal geen verskil wees nie.
Gee redes vir jou antwoord:
‘n Handelaar kan nie ‘n verbruiker forseer om by hom te koop nie. Die verbruiker het die keuse om baie verskillende artikels van duisende verskillende handelaars te koop. Waarom sou hy by ‘n spesifieke handelaar koop?
Dit is die probleem waarmee enige besigheidsman te make het. Hoe oortuig hy ‘n kliënt om by sý besigheid en nie by sy mededinger te koop nie? Hy moet dan juis om hierdie rede sy pryse so aantreklik moontlik maak en dit maak dit weer moeilik om wins te maak.
By ‘n markdag besluit jy om ‘n stalletjie met tuisgebakte koek te hê. Jy verneem dat daar ‘n soortgelyke stalletjie gaan wees. Wat kan jy doen ten einde die kliënte na jou stalletjie te lok?
Wat sal die beste wees:
≤ Jy verkoop heel koeke.
≤ Jy verkoop koekskywe.
Waarom?
Dink jy dit is wys om ‘n koekstalletjie by ‘n skool se markdag te hê?
Waarom?
Dit is belangrik om ‘n produk te verkoop waarin die verbruiker belangstel.
Jy moet die diens bied teen ‘n prys wat die verbruiker bereid sal wees om te betaal.
AssesseringLeeruitkomstes(LUs) |
LU 1 |
DIE EKONOMIESE KRINGLOOPDie leerder is in staat om kennis en begrip van die ekonomiese kringloop binne die konteks van “die ekonomiese probleem” te toon. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
1.1 verduidelik behoeftes en begeertes en hoe die verskille daartussen gemeenskappe en die omgewing beïnvloed; |
1.2 beskryf verskillende soorte sakeondernemings en –bedrywighede binne die primêre, sekondêre en tersiêre sektor; |
1.3 verduidelik die begrippe “vrye” en “ekonomiese” (skaars) goedere, en die invloed van vraag en aanbod op markpryse. |
A. Selfwerksaamheid in Suid-Afrika
B. Selfwerksaamheid in ander lande
C. ‘n Paar ekonomiese beginsels
Aktiwiteite 2 en 3
Aktiwiteit 5
Notification Switch
Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 7' conversation and receive update notifications?